Verras en verbaas sê hulle toe: “Die mense wat daar praat is almal Galileërs. Hoe hoor elkeen van ons dan sy eie moedertaal?” (Handelinge 2:7-8).
In ‘n mooi meditasie oor die taalwonder van Pinkster in Handelinge 2:1-13, deel die Indies-gebore teoloog, Debie Thomas, haar eie ervarings in dié verband.
Hoe sy as baba saam met haar Indiese ouers Amerika toe gekom het en onmiddellik, soos wat sy ouer geword het, gekonfronteer was met “die eensydige linguistiese verkeer”, soos sy dit noem.
Almal, so het sy gevoel, het van haar verwag om Engels te praat, terwyl niemand regtig op haar taal ag geslaan het nie. Totdat ‘n Amerikaanse meisie wat ‘n ruk lank in Indië gebly het haar op ʼn dag met haar eie taal verras en beskaam het. Ook bewus gemaak het van die gevaar van stereotipering – asof alle Amerikaners onverskillig teenoor haar sou wees. En belangriker nog: Haar bewus gemaak het van die waarde daarvan om ander se tale te leer ken, verstaan en praat.
As gelowige het sy skielik weer die Pinksterverhaal met nuwe oë gelees. Sodat sy die volgende aangrypende woorde kon skryf:
“It is no small thing that the Holy Spirit loosened tongues to break down barriers on the birthday of the Church. In the face of difference, God compelled his people to engage. From Day One, the call was to press in, linger, listen, and speak.
Because here’s the thing: No matter how passionately I disagree with your opinions and beliefs, I cannot disagree with your experience. Once I have learned to hear and speak your story in the words that matter most to you, then I have stakes I never had before. I can no longer flourish at your expense. I can no longer make you my other. I can no longer abandon you.”
Wat ‘n belangrike boodskap vir ons in ons erg verdeelde land!
Heilige Gees, breek vandag ons sensitiwiteite af en gee ons die moed om deur ons woorde en dade na ander mense uit te reik. Ook hulle taal te hoor en te leer praat. Amen
Carel Anthonissen