Boodskap vir Vandag

Search

Wanneer ons tonge los kom

Verras en verbaas sê hulle toe: “Die mense wat daar praat is almal Galileërs. Hoe hoor elkeen van ons dan sy eie moedertaal?” (Handelinge 2:7-8).

In ‘n mooi meditasie oor die taalwonder van Pinkster in Handelinge 2:1-13, deel die Indies-gebore teoloog, Debie Thomas, haar eie ervarings in dié verband.

Hoe sy as baba saam met haar Indiese ouers Amerika toe gekom het en onmiddellik, soos wat sy ouer geword het, gekonfronteer was met “die eensydige linguistiese verkeer”, soos sy dit noem.

Almal, so het sy gevoel, het van haar verwag om Engels te praat, terwyl niemand regtig op haar taal ag geslaan het nie. Totdat ‘n Amerikaanse meisie wat ‘n ruk lank in Indië gebly het haar op ʼn dag met haar eie taal verras en beskaam het. Ook bewus gemaak het van die gevaar van stereotipering – asof alle Amerikaners onverskillig teenoor haar sou wees. En belangriker nog: Haar bewus gemaak het van die waarde daarvan om ander se tale te leer ken, verstaan en praat.

As gelowige het sy skielik weer die Pinksterverhaal met nuwe oë gelees. Sodat sy die volgende aangrypende woorde kon skryf:

“It is no small thing that the Holy Spirit loosened tongues to break down barriers on the birthday of the Church. In the face of difference, God compelled his people to engage. From Day One, the call was to press in, linger, listen, and speak.

Because here’s the thing: No matter how passionately I disagree with your opinions and beliefs, I cannot disagree with your experience. Once I have learned to hear and speak your story in the words that matter most to you, then I have stakes I never had before. I can no longer flourish at your expense. I can no longer make you my other. I can no longer abandon you.”

Wat ‘n belangrike boodskap vir ons in ons erg verdeelde land!

Heilige Gees, breek vandag ons sensitiwiteite af en gee ons die moed om deur ons woorde en dade na ander mense uit te reik. Ook hulle taal te hoor en te leer praat. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed