Boodskap vir Vandag

Search

Wanneer werk ʼn edel roeping word

Lê jou daarop toe om jou tot beskikking van God te stel as ʼn arbeider wat die goedkeuring van God wegdra, ʼn arbeider wat hom vir sy werk nie hoef te skaam nie (2 Timoteus 2:15).

ʼn Oud-onderwyser van my vertel my onlangs van ʼn mooi episode uit sy lewe.

Hy is aangestel as ʼn onderwyser by die kinderhuis in Ugie in die Oos-Kaap. Hierdie huise is destyds weeshuise genoem en het ʼn heenkome gebied aan kinders wat weens allerlei redes nie meer ʼn ouerhuis gehad het nie, soos die dood van albei ouers, armoede of mishandeling.

Alleen moes hulle hierdie verlies of leemte in die ruimte van ʼn kinderhuis leer verwerk en hulle pad deur die lewe vind.

Binne dié konteks het hierdie onderwyser sy loopbaan begin. En dit was nie aldag maklik of lekker nie. Dié werk het groot opofferings en geduld gevra. In so ʼn mate dat hy dit ná ʼn relatief kort tydperk daar oorweeg het om te bedank.

ʼn Keerpunt was egter toe hy met sy leraar hieroor gaan praat het. Dié se woorde was kort en kragtig. “Ek verstaan waarom jy wil gaan. Al wat ek kan sê, is: Jy sal nêrens ʼn meer edel werk as dit vind nie.”

Onnodig om te sê, hierdie woorde het die onderwyser nie net diep geraak nie; dit het ook daartoe gelei dat hy sy besluit hersien en jare langer daar bly werk het.

Want hy het die vreugde begin ervaar van ʼn werk wat ʼn edel roeping inhou.

O Here, gee ons vandag die vermoë om te onderskei tussen werk wat net vir onsself bevrediging bring en ʼn werk wat ʼn edel roeping inhou. Amen.

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed