Boodskap vir Vandag

Search

Wat ons dood ons moet leer

U maak ‘n einde aan ‘n mens, hy gaan die doodslaap in. Hy is soos gras wat in die môre afgesny word: in die môre is dit nog groen, maar dit word afgesny en teen die aand is dit verlep en dit verdroog (Psalm 90:5-6).

Die kortstondige en verganklike aard van ons lewe is nie iets waaraan ‘n mens graag dink nie.

Veral nie as jy nog jonk is met ‘n lewe vol groot drome en planne voor jou nie.

Tog, wie dit waag om die feit van sy eie dood vroeg reeds te bedink en te aanvaar, soos die filosoof Heidegger aanbeveel het, mag ‘n paar belangrike dinge ontdek.

Die eerste is dat almal van ons misbaar en klein is – ‘n onbeduidende asempie in ‘n groot uitdyende heelal. En wanneer ons lewe eendag verby is, keer ons terug tot stof en raak vergete. Hierdie wete moet ons help om met nederigheid, sonder enige pretensie of hoogmoed, ja, selfs met ‘n tikkie humor, ons aardse lewe deur te bring.

Terselfdertyd kan en moet hierdie wete ons ook tot diepe dankbaarheid bly stem – wetende dat al is ons lewe klein, kortstondig en verganklik, dit nie noodwendig sonder betekenis is nie. Ja, selfs al is dit soos gras of ‘n blom wat eendag gaan verwelk, is daar ook ‘n tyd – hoe kort ook al – wanneer dit, danksy God se genade, gaan blom en ander kan verbly.

Om in die aangesig van ons dood albei hierdie perspektiewe of waarhede vas te hou, bly die kuns van sinvol en selfs voluit lewe.

O Here, ons dink nie graag oor ons eie dood nie. Vandag weet ons egter dat die dood ons beskeie én dankbaar kan hou. Help ons daartoe. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed