Boodskap vir Vandag

Search

Wat sien jy?

Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike” – 1 Samuel 16:7b.

’n Eerstejaarstudent vertel van sekere koshuisinwoners wat dwarsdeur die jaar by hom verbygeloop het sonder om hom raak te sien. Ná die eerste rugbywedstryd het hulle skielik van hom kennis geneem. ’n Drie en ’n vervyfskop het hul oë laat oopgaan en hom almal se held gemaak. En tog was hy steeds dieselfde mens as vóór die drie en vervyfskop.

Ek lees ’n koerantberig van ’n 13-jarige meisie wat met ’n ooggebrek gebore is en baie spot van skoolmaats moes verduur. Dit het haar vasbeslote gemaak om bo haar gestremdheid uit te styg. Sy het – klein soos sy was – besluit om eienaarskap van haar lewe te neem. Sy sou nie langer terugdeins vir opmerkings en afbrekende kommentaar of toelaat dat ander se optrede haar lot bepaal nie.

Sy het doelgerig begin studeer en aan die einde van haar laerskoolloopbaan feitlik al die bekers opgeraap. Dit was egter nie vir haar die belangrikste nie. Sy sê: “Nou het mense nie langer teen my gebrek vasgekyk nie. Ek hoop hulle sien my soos die Here my sien.”

Kinders én volwassenes kyk maklik teen die uiterlike vas. Dit is die minste moeite. Ons etiketteer en klassifiseer mense en sit hulle in boksies. Dan voel ons veilig, want ons weet waar óns ten opsigte van ander staan.

God wil hê ons moet uit ons gemaksone beweeg en regtig probeer agterkom wie die persoon oorkant ons is. Hy vra mededoë en sagtheid en deernis van ons.

Here, ek wil nie volgens die uiterlike oordeel nie. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed