Boodskap vir Vandag

Search

Wat van dié keer?

As julle kwaad word, moenie sondig nie, en moenie ’n dag kwaad afsluit nie. Moenie die duiwel vatkans gee nie – Efesiërs 4:26-27.

Woede is ’n emosie wat in ’n mens opwel, soos liefde en hartseer. Ons lees ’n paar keer in die Bybel dat Jesus deur emosie oorval is. Hy het oor Jerusalem gehuil wat Hom as Messias verwerp het.

Jesus het ook kwaad geword. Toe die tempel ontheilig is deur verkopers wat hul ware daar verkoop het, was Hy woedend. Hy het ’n sweep van toutjies gevleg en hulle almal verjaag.

Toe Jesus ’n man met ’n gebreklike hand op die Sabbatdag genees, was dit vir die rigiede wetsgebonde Fariseërs die toppunt van Sabbatsontheiliging.

Jesus was kwaad en ontsteld oor die hardheid van hul harte. In Markus 3:5 lees ons: “Hy het hulle rondom Hom kwaad aangekyk en was diep bedroef oor hulle verhardheid.”

Woede is soms geregverdig. Jesus het nie impulsief die tempeltafels omgekeer en almal verjaag nie. Hy het eers nagedink. En tóé die sweep van toutjies gevleg. God se eer was op die spel. Sy heilige ruimte is ontheilig. Hy het die oortreders verjaag; nie uit woede omdat Hý veronreg is of bloot op die ingewing van die oomblik nie. Sy optrede het uit ’n heilige woede gespruit.

Ons woede mag nie uitloop op onbeheerste uitbarstings nie. Die dryfveer vir ons optrede moet in ooreenstemming met ons liefde vir God en ons naaste wees, soos Jesus vir ons gewys het.

Here, leer ons om ons woede te beteuel en te onderskei watter dinge ons woede regverdig. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed