Boodskap vir Vandag

Search

Wat van egskeiding?

Dit alles sê ek vir julle eie beswil. Ek wil julle nie aan bande lê nie, maar ek wil hê julle moet in eerbaarheid lewe en in onverdeelde toewyding aan die Here (1 Korinthiërs 7:35).

Onlangs vra ‘n bekommerde ma my of egskeiding vir mense wat hulleself gelowiges noem, geoorloof is.

‘n Egpaar, naby-familie van haar, het ná jare van twis en pynlike kwetsing, sodanig van mekaar vervreem geraak dat egskeiding nou na die enigste uitweg lyk. En dié gelowige ma wil wéét, want sy voel haarself verantwoordelik.

Vroeër jare sou dit nouliks ‘n kwessie wees. Die kerklike standpunt was duidelik, en min het daarmee gestry: “Skei is sonde. Dit druis lynreg in teen God se wil.”

Maar vandag, soos ons almal weet, staan sake tog ietwat anders.

Daar is die moderne gees van individualisme, saam met nuwe wetgewing, wat dit makliker as ooit maak om te skei. Selfs te redeneer dat net één verhouding in ‘n leeftyd, onrealisties en kortsigtig is.

Daar is gevare in so ‘n gees of siening.

Dit onderskat meesal die trauma van egskeiding, veral waar dit die lewe van kinders raak. Boonop kan dit ‘n knieval voor ‘n uiters selfsugtige lewenshouding wees – een waarin die deugde van geduld en vasbyt, van sáám die spreekwoordelike sak sout opeet, nooit werklik beproef word nie. Wat nog te sê van die vreugdes en vryheid wat opgesluit lê in moedige dade van getrouheid, opoffering, vergifnis en versoening.

‘n Vorige geslag se verbintenis om bymekaar te bly “totdat die dood ons skei”, het steeds groot waarde. Dit weerspieël dikwels veel groter durf en heldemoed as die impulsiewe en kortsigtige besluit om te skei.

En tog, tog is daar omstandighede waarin egskeiding ‘n opsie kan word. Waarin gelowiges mag weet dat so ‘n keuse hulle nie noodwendig onder die oordeel van God plaas nie. Ook omdat dié soort huwelik of verhouding miskien nooit eers binne God se goeie wil was nie. Ook nie die gees van sy liefde geadem het nie.

So ‘n huwelik of verhouding is een waarin mense se identiteit oor tyd ondergrawe is, hulle vryheid doodgewurg en hulle waardigheid geskend is – ‘n huwelik waarin mense só vertrap, mishandel, misken en beledig is dat hulle kwalik meer vir hulleself kan dink of opstaan.

In sulke gevalle soek jy allereers hulp, maar moet jy ook dink aan jou toekoms.

Here, leer ons vandag om, soos Paulus, eerbaar, maar ook eerlik, voor U te leef. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed