Boodskap vir Vandag

Search

Watter soort Jesus volg jy?

En daar was baie melaatses in Israel in die tyd van die profeet Elisa. En tog is nie een van hulle genees nie, maar wel Naäman, die Siriër (Lukas 4:27).

So wat was dit wat sy eie mense so kwaad gemaak het vir Jesus dat hulle Hom, volgens Lukas 4:28-29, op ‘n gewelddadige manier wou doodmaak?

En hoe help dié episode ons om hierdie Man van Nasaret met beter insig en meer geloof te volg?

Vereers het Jesus met sy woorde die mense se verwagtinge van hom as ‘n seun uit hulle buurt, nie alleen getemper nie, maar ook as vals en oordrewe ontmasker. Want soos Hy vir die mense van Kapernaum gedoen het, wou hulle Hom nou ook tot allerlei opspraakwekkende wonders en dade beweeg. Sodat hulle met trots kon sê: “Hy is een van ons! Ons het hom sien grootword!”

En dít wou Jesus nie . Sy bedoeling was nooit om mense se ydelheid, trots en hoogmoed op dié manier te voed nie.

Nee, Jesus was ‘n vreemde en nederige Messias. Een wat allereers gekom het om genesing en redding vir álle mense, met name hulle wat na die rand van die samelewing gestoot is, te bring.

En dat Jesus, net soos die ware profete van vroeër (Luk 4:25-27), hierdie weg gekies het, was nie alleen vir die Jode onaanvaarbaar nie, maar ook aanstootlik en verwerplik.

Wat ons ook weer vandag voor die vraag te staan bring: “Watter soort Jesus volg jy?”

O Here, gee ons vandag weer die moed én die vertroue om U op u weg na die randfigure van ons samelewing te volg. Hoe anders kan ons U in opregtheid dien, Here? Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed