Boodskap vir Vandag

Search

Watter spoor laat ek na?

Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here (Psalm 24:1).

Eerskomende Sondag vier ons Omgewingsondag.

Die bedoeling van hierdie dag is om mense van die wonder en kosbaarheid van ons omgewing bewus te maak. Ook om ons verantwoordelikheid as bewaarders van God se skepping te beklemtoon.

In dié verband is daar ‘n belangrike vraag wat ons almal gedurig behoort te stel – ‘n vraag wat die aard van ons omgang met die omgewing sal bepaal.

Die vraag is: Watter spoor laat jy vandag in jou optrede teenoor alles en almal na? Is dit ’n spoor wat minag en vernietig, een wat die fyn tapisserie van die omgewing, ja, van God se kosbare skepping kan skend en verinneweer?

So asof alles aan jou behoort en jy daarmee kan maak wat jy wil.

Of betree jy hierdie heilige terrein as ‘n besoeker? Een wat weet dat die aarde en alles wat daarop is aan die Here behoort? (Ps 24:1).

Sodat jy áltyd, ja, áltyd met verwondering en respek, met ‘n ligte tred en sagte hande met alles wat jou omring – mens, dier en plant – sal omgaan.

Dit is tog jou roeping.

Here, leer ons vandag opnuut dat ons besoekers aan en nie besitters van u skepping is nie. Maak ons spore sag en menslik. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed