Boodskap vir Vandag

Search

Wederkerig

“Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet” (Matteus 10:8).

Wederkerigheid is ʼn sterk tema in die Bybel. Die woord “mekaar” kom baie in die Bybel voor, en God “deel” sy Seun met ons.

Ons word in hierdie intieme verhouding tussen Vader, Seun en Heilige Gees ingenooi. Nêrens is ons oorbodig of word ons uitgestoot nie. God is oophand.

Miskien is dit hoekom ons in Matteus 10:8 lees dat Jesus vir sy dissipels gesê het: “Julle het dit verniet ontvang, gee dit ook verniet.” “Freely you have received, freely give.”

In dié gedeelte word die dissipels uitgestuur om mense te bedien (om siekes gesond te maak, melaatses te reinig, bose geeste uit te dryf). Ironies en waar, sou hulle hierdie “dienste” nie kon verkoop het nie, want geen mens het tog mag om sulke genesings te laat gebeur nie. Dit was werklik ʼn geskenk.

Vandag is tyd geld, en ʼn mens mors jou tyd as jy nie iets kry uit die tyd wat jy aan ander afstaan nie. Hoe jammer. Want is ons wese en menswees nie die produk van God se kunstenaarshande in ons lewe nie? Word ons nie daarom ontvangers van God in ons lewe nie? Is dit dan nie eintlik onmoontlik om ons tyd met mekaar te vermors nie?

Ons sukkel, Here, om verniet te gee. Help ons hiermee. Om verniet uit te deel uit wat ons verniet ontvang het. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.