Boodskap vir Vandag

Search

Weerloos soos ons

Ek het in ‘n tent en tabernakel rondgeswerf saam met al die Israeliete (2 Samuel 7:6).

Dit is waarskynlik so dat 2 Samuel 7 – dit is die verhaal van God se weiering dat Dawid vir God ‘n sierlike tempel sou bou – meermale in Israel se geskiedenis vertel is.

Die verhaal het veral in die tyd van die ballingskap, toe die tempel as simbool van God se ewige teenwoordigheid en trou vernietig is, groot waarde gehad.

Want toe moes Israel opnuut leer dat God se teenwoordigheid en werk nie tot sy tempel beperk was nie. Dat God méér en gróter is as alle menslike instellings, tradisies en verwagtings. En dat selfs waar die tempel bedoel was om ‘n soort ontmoeting met God te bemiddel, God se werk nooit daardeur beperk of aan bande gelê kon word nie.

Want God – so moes Israel leer – was ‘n léwende God, ‘n God wat reeds van oudsher sáám met sy volk deur die spreekwoordelike dik en dun geleef en beweeg het, ‘n God wat selfs bereid was om, soos hulle, weerloos en verlate te word. Sodat hulle uiteindelik in ‘n land vol gevare en onrus kon tuiskom. Om dáár opnuut sonder vrese te leer lewe (2 Sam 7:6-16).

Hoor net hoe mooi beskryf die skrywer van 2 Samuel 7 hierdie belofte: “Vandat Ek die Israeliete uit Egipte laat trek het tot nou toe het Ek nog nooit in ‘n huis gewoon nie. Ek het in ‘n tent en tabernakel rondgeswerf saam met die Israeliete … Oral waar jy gegaan het, was Ek by jou … Ek het ‘n woonplek aan my volk Israel gegee en hom gevestig, sodat hy sonder vrees in sy plek kan woon” (2 Sam 7:6-7, 9-10).

Voel jy vandag ook soos ‘n balling – eensaam, verlate, beangs? Dan is hierdie woorde vir jou bedoel.

O Here, dankie dat U altyd by ons is – veral wanneer ons weerloos en beangs voel. Help ons om dit nooit te vergeet nie. Amen

Carel Anthonissen

 

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 Oktober 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed