Boodskap vir Vandag

Search

Wees op julle hoede

Wees op julle hoede; wees waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie (Markus 13:33).

Die vernietiging van Jerusalem en sy tempel 70 jaar ná Christus deur die Romeinse aanvoerder, Titus, was ‘n tragiese en pynlike gebeure.

Volgens die Joodse geskiedskrywer, Josefus, het meer as ‘n miljoen mense, meesal Jode, in die aanval omgekom, terwyl 97 000 gevang en tot slawe gemaak is. Vir die buitestaander, so vertel hy, het ‘n pragstad oornag tot ‘n woesteny verval – iets waaroor ‘n mens alleen kon huil.

In sy woorde: “The very view itself was a melancholy thing; for those places which were adorned with trees and pleasant gardens, were now become desolate country.”

Iets van die ontwrigting en trauma van dié gebeure, skyn ook deur in Jesus se voorspelling en beskrywing daarvan in Markus 13.

Markus skryf egter nie hierdie hoofstuk om sy lesers te verskrik nie, maar om hulle te troos, om hulle aan te moedig om waaksaam en getrou in die uitlewing van hulle geloof te wees. Vandaar sy oproep: “Pas op dat niemand julle mislei nie” (Mk 13:5). En dan: “Wees op julle hoede; wees waaksaam … (Mk 13:9,23,33). In die oorspronklike taal lui die oproep: “Kyk goed, wees helder van begrip, probeer verstaan.”

En tree dan met nugtere wysheid op.

In ‘n tyd van onrus en woelinge wat ons tans ook in Suid Afrika beleef – ‘n tyd waarin die ou orde uitgedaag word – is dit ‘n baie tydige vermaning.

Here, maak ons vandag meer behoedsaam. Gee ons daar insig en begrip wat ons met wysheid sal laat optree. Amen

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed