Boodskap vir Vandag

Search

Wees versigtig

Die boodskap van die kruis is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God (1 Korinthiërs 1:18).

Met die Wêreldbekerrugby in volle gang, wonder ek party dae of ons nie die belang van die spel oorskat of oordryf nie.

Ek bedoel, om te skryf dat ‘n hele land in sak en as lê wanneer ‘n skamele vyftien spelers se gejakker agter ‘n ovaalbal aan skeefloop, is tog totaal misplaas, indien nie malligheid nie?

Of is dit?

Want sien, hierdie reaksie wys tog op ‘n belangrike waarheid. Dit is dat die erns waarmee mense ‘n saak bejeën – al lyk dit vir ander na totale onsin – direk saamhang met die aard van hulle betrokkenheid daarby.

So weet ons tog dat wie met hulle harte by ‘n saak betrokke is, meesal ook sterk emosies daaroor koester. Hulle sal juig as daar gewen word. En in sak en as voel wanneer hulle verloor.

Hierdie waarheid dat ons skatting en waardering van ‘n saak van die aard van ons betrokkenheid afhang, geld natuurlik van meer dinge as net sport. Dit geld ook van geloof. Want hoe meer jou geloof vir jou beteken, hoe sterker en vrymoediger sal jy daaroor voel en praat.

Daarom moet ons versigtig wees om geloof – of dan enige saak wat mense ter harte gaan – sommer so van die tafel af te vee.

Veral nie wanneer dit mense se lewe ten goede verander het nie.

Here, werk so in ons deur u Gees dat ons ook soos Paulus mag ontdek dat u kruis ‘n teken van krag en nie van groot verleentheid is nie. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.