Boodskap vir Vandag

Search

Woede en bakleierige gedagtes

Ek verwag van die mans dat hulle oral sal bid, met heilige hande omhoog, sonder woede en twis (1 Timoteus 2:8, Direkte Vertaling).

Nog ʼn struikelblok wat maak dat ons sukkel om te bid, hang saam met wat Kenneth Leech “oordrewe woede” noem. En daarmee saam kyfagtige en bakleierige gedagtes.

O, hoe goed ken ons nie dié versoeking nie! Dis byna asof sekere gebeure en mense jou elke dag uitlok om kwaad te raak en te twis.

En al bestaan daar dikwels goeie rede om ontsteld en kwaad te word, moet ons daarteen waak dat ons woede in ʼn negatiewe styl van leef en praat ontaard. En so ons gebedslewe belemmer.

Tereg is Paulus se verlange teenoor Timoteus dat die gelowiges by elke plek van samekoms met ʼn skoon gewete hulle hande in gebed tot God sal ophef, vry van woede en twis (1 Timoteus 2:8).

Ons moet veel eerder, soos Christus, met liefde en erbarming teenoor almal probeer leef. In die woorde van ʼn bekende geestelike: “Refuse to indulge in personal dislikes. No weak sentimentality, and no harsh words. Consider when you speak impatiently how Christ is hurt. Let yourself be filled instead with an abundance of friendship for all.”

Gewis is dit ʼn moeilike opdrag, maar een wat ʼn vryheid waarborg wat min mense ken.

Here, bewaar ons van twissieke en bakleierige gedagtes wat U opnuut verwond en ons van u liefde afsluit. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed