Boodskap vir Vandag

Search

Woede is ʼn doodsakker

Wat God wil, doen hulle nie, en hulle is vyandig teenoor alle mense (1 Tessalonisense 2:15).

Ons weet reeds dat vrees vir die ander – vir hulle onpeilbare vreemdheid en onvoorspelbare andersheid – ʼn groot rede is waarom mense uit mekaar se pad bly, vooroordele begin koester en die ander selfs beskinder, haat en wegwens.

Daar is egter ook ʼn tweede faktor wat die haat en agterdog aanhelp– een wat nou saamloop met vrees – en dit is woede of openlike vyandigheid.

Ons ken dit tog: dat die vreemdeling of vyand meestal mense is vir wie jy ook kwaad is. Jy kan hulle nie verdra of verduur nie. Jy sal selfs van hulle ontslae wil raak as jy kan. Hulle verban. Mure tussen julle wou oprig.

Oor die benepenheid en sinlose rol van hierdie soort vyandigheid en woede het iemand soos volg geskryf.

“Being furious is your ego talking. It is the fight to get even, to reclaim the higher ground, to set things right. Furious might look impressive on TV, but it rarely succeeds, because someone who is furious is unable to create art, to be generous, to see what is actually happening. All he wants to do is to defeat his enemy.”

So ʼn gesindheid bly ʼn doodsakker waaruit geen ware lewe of gemeenskap kan spruit nie. Boonop staan dit lynreg teenoor Jesus se boodskap om die vreemdeling te ontvang en ons vyande lief te hê.

O Here, bewaar ons vandag van die eeue oue sonde om mense te verag en nors en vyandig teenoor hulle te leef. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed