Boodskap vir Vandag

Search

Woestyn, my eindbestemming

Die Here gaan voor julle uit, die God van Israel kom agter julle aan – Jesaja 52:12b.

Ek woon ’n vriendin se gedenkdiens by. Sy was ’n boorling van die Boesmanland. In hierdie uitgestrekte wêreld met sy klipkoppies, droë bossies en sandduine kon haar hart altyd tot rus kom. Dié ongenaakbare wêreld was by uitstek die plek waarheen sy gereeld teruggekeer het om God te ontmoet. Hier kon sy sy stem beter as op enige ander plek hoor.

“Hier is nog tyd om met God te praat,” het sy eenkeer gesê. “Ek bid nie bloot nie. Ek gesels met Hom, jy weet. Praat. Soos met ’n vriend.”

In hartseer tye, soos toe haar man onverwags oorlede is en sy met ’n spannetjie tienerseuns agtergelaat is, het sy troos tussen die duine kom soek. Hier kon sy met haar Vader gesels en by Hom hoor oor haar pad vorentoe.

“Ek is maar net ’n onbeduidende sandkorreltjie in dié oneindigheid. Ek moet my oorgee aan die ritme van hierdie aarde. Hier kan ek nie vinnig of bolangs praat nie. Ek mag nie gryperig wees nie, veral nie na antwoorde of aardse goed nie. Ek gee als aan die Here oor. Hy kyk na die aarde. Hy kyk ook na my.”

Vir haar kleinkinders het sy gereeld gesê: “Hier in ons wêreld lê die saad lank in die grond. Soms wag ons ook lank vir God se antwoord.” Die gedenkdiens sluit af met ’n video-opname waar sy in haar rolstoel sit en oor die Visriviercanyon uitkyk. Aan die einde van die opname sê sy: “As die hemel so lyk, wil ek nou dadelik gaan.”

Here, dankie vir lewe in die woestyn. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed