Boodskap vir Vandag

Search

Woord en woorde

In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God – Johannes 1:1-2.

God lê vir ons woorde in ons mond om Hom mee te eer. Ons kan geskrewe woorde lees en herlees. In oomblikke van pyn en hartseer word dit ons troos. Sommige ontvang ook die geskenk om gedagtes in woorde om te sit en neer te skryf sodat dit ander kan voed.

Elkeen wat die opdrag gehoorsaam om die woorde en gedagtes wat God op sy hart lê neer te skryf, beleef intieme oomblikke saam met Hom. Omdat gehoorsame woorde uit ’n baie innige saamwees met God gebore word, is die proses heilig.

God openbaar Homself immers in die stilte van die skryfkamer waar net Hy en die skrywer in gesprek met mekaar is. Gehoorsame woorde word ’n kettinggebed. Dit kom uit God se hart tot by die skrywer en gaan dan steeds verder na elkeen wat die woorde lees en daardeur gevoed word.

Dit geld vir elkeen wat sy hand op papier of op die rekenaartoetse sit. Dit maak nie saak of ons ’n kaartjie, ’n brief of ’n werkdokument skryf nie. Ons woorde moet ’n getuigskrif van ons saamstap met God wees. Daarom moet ons omsigtig met ons woorde omgaan. Proe elke woord voordat dit neergeskryf word.

Wanneer Johannes skryf dat Christus die Woord is, sien ons ons “mensewoorde” in perspektief. Ons het baie woorde nodig om één gedagte uit te druk. Christus is enkelvoudig. Woord. Hy is genoeg. Hy is Alles.

Here, U is die Woord wat mens geword het. Die omvattende, allesinsluitende lewende Woord van God. Amen

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed