Boodskap vir Vandag

Search

Woorde vol seën

Ek sal vir hom ‘n vader wees en hy sal vir My ‘n seun wees. As hy ontrou is, sal ek mense gebruik om hom te straf, hom te kasty. Maar my trou sal ek nie aan hom onttrek nie (2 Samuel 7:14-15).

Dat God se weë hoër is as ons s’n is en sy planne boonop beter, is duidelik te sien in God se woorde via sy profeet Nathan aan Dawid in 2 Samuel 7.

Hier sien ons hoedat God se woorde, ten spyte van Dawid se impulsiewe en kortsigtige planne, vol nuwe beloftes en veral seën is.

So begin God se woorde met die wonderlike herinnering dat Dawid reeds vroeg as ‘n eenvoudige herder by sy skape gekies, gelei en beskerm is, en dat hy ook afgesonder is om as koning God se volk te lei.

Op hierdie pad, so lui God se beloftes verder, sou God gedurig by hom wees – hom van gevare bewaar en selfs van sy sogenaamde vyande rus gee. Kortliks (en dit vorm die hart van hierdie reeks beloftes): God sou vir hom ‘n sorgende Vader wees. Een wat via die optrede en vermanings van ander ook kon straf, maar wat in sy trou Dawid nooit sou verlaat of prysgee nie.

Dit is geen wonder nie dat Dawid by die aanhoor van hierdie beloftes alleen in verwondering kon uitroep: “Here my God, U het gepraat en omdat U seën, is die koningshuis van u dienaar vir altyd geseën” (2 Sam 7:29).

Weliswaar leef ons in ander tye as Dawid. Tog, wie vandag in opregte nederigheid buig, mag ook soortgelyke woorde van seën vir hulleself toe-eien.

Dankie, Here, dat U ons bly dra en seën, selfs al verdien ons dit nie. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.