Boodskap vir Vandag

Search

Woorde vol seën

Ek sal vir hom ‘n vader wees en hy sal vir My ‘n seun wees. As hy ontrou is, sal ek mense gebruik om hom te straf, hom te kasty. Maar my trou sal ek nie aan hom onttrek nie (2 Samuel 7:14-15).

Dat God se weë hoër is as ons s’n is en sy planne boonop beter, is duidelik te sien in God se woorde via sy profeet Nathan aan Dawid in 2 Samuel 7.

Hier sien ons hoedat God se woorde, ten spyte van Dawid se impulsiewe en kortsigtige planne, vol nuwe beloftes en veral seën is.

So begin God se woorde met die wonderlike herinnering dat Dawid reeds vroeg as ‘n eenvoudige herder by sy skape gekies, gelei en beskerm is, en dat hy ook afgesonder is om as koning God se volk te lei.

Op hierdie pad, so lui God se beloftes verder, sou God gedurig by hom wees – hom van gevare bewaar en selfs van sy sogenaamde vyande rus gee. Kortliks (en dit vorm die hart van hierdie reeks beloftes): God sou vir hom ‘n sorgende Vader wees. Een wat via die optrede en vermanings van ander ook kon straf, maar wat in sy trou Dawid nooit sou verlaat of prysgee nie.

Dit is geen wonder nie dat Dawid by die aanhoor van hierdie beloftes alleen in verwondering kon uitroep: “Here my God, U het gepraat en omdat U seën, is die koningshuis van u dienaar vir altyd geseën” (2 Sam 7:29).

Weliswaar leef ons in ander tye as Dawid. Tog, wie vandag in opregte nederigheid buig, mag ook soortgelyke woorde van seën vir hulleself toe-eien.

Dankie, Here, dat U ons bly dra en seën, selfs al verdien ons dit nie. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed