Boodskap vir Vandag

Search

Woorde wat genees

Julle woorde moet altyd in goeie smaak wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe om ʼn ieder en ʼn elk te antwoord (Kolossense 4:6, Direkte Vertaling).

Daar is ʼn Afrikaanse spreekwoord wat met dié interessante frase begin: “Woorde wek …”

Die implikasie hiervan is duidelik. Woorde het ʼn bepaalde krag. Dit het die vermoë om iets in jou wakker te maak, iets in jou op te wek. In sommige gevalle kan dit woede en frustrasie wees. Ander kere kan dit iets mooi en verrassend wees.

Presies soos die woorde van ʼn vrou aan ʼn gevangene in hierdie verhaal.

Sy was deel van ʼn groep wat ʼn kursus aan jong oortreders aangebied het. Die kursus sou hulle help om hulle verlede te konfronteer. Belangriker nog, om hulle verlore potensiaal te ontdek en te omhels.

Met verloop van die kursus het sy ʼn besonderse band met Kenny ontwikkel. Kenny was op sy dag ʼn geharde bendeleier. Maar sy het gesien dat daar agter sy harde gesig ʼn ander mens, vriendeliker en sagter, skuil. Sodat sy hom op ʼn dag “kind Kenny” begin noem het.

Met dié woorde het sy, sonder dat sy dit besef het, aan ʼn diep snaar en innige verlange in hom geraak. Want die volgende oomblik het hierdie rowwe en geharde man in trane uitgebars. Tussen sy gesnik deur kon sy hom hoor prewel: “Niemand het dít nog ooit vir my gesê nie.”

Dié ware gebeurtenis, wat ʼn spanlid van die vrou die afgelope week vir my vertel is, het my opnuut oortuig dat ons woorde ʼn verskil kan maak.

Paulus het reeds geweet ons woorde is met sout besprinkel en kan daarom genesend wees.

O Here, gee ons vandag die regte woorde wat ander, soos sout, kan genees. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed