Boodskap vir Vandag

Search

Woorde wat rus gee in die nag

“Vrede vir julle!” sê Hy weer vir hulle. “Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook.” Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy oor hulle en sê: “Ontvang die Heilige Gees!” (Johannes 20:21-22).

Naas die opgestane Jesus se onverwagte verskyning en vredesroep, was daar nog ʼn dieper rede of geheim waarom sy volgelinge van hulle vrese, wanhoop en ongeloof bevry kon word.

En waarom hulle skielik met nuwe geesdrif en toewyding die draers – en later ook skrywende getuies – van sy vergewende liefde en genade kon word.

Die geheim was opgesluit in Jesus se verstommende gebaar toe Hy oor hulle geblaas het met die woorde: “Ontvang die Heilige Gees!” (Joh 20:22).

Ons moet die rol van die Heilige Gees by die beswering van ons twyfel en die versterking van ons geloof nooit onderskat nie. Luister net wat skryf ʼn ou kerkvader hieroor:

“As ons die aansporing om Christus te volg verloor, kan ons steeds na die Heilige Gees roep. En ons, net soos ons is, aan die Gees oorgee. Die dag kan dan aanbreek dat ons hart en gees weer na Christus begin dors. En ons Hom sal bly liefhê, selfs al het ons Hom vergeet.”

Sulke woorde kan ʼn mens rus gee in die nag – ook in die nag van jou grootste angs en twyfel.

Here, dankie vir u Gees wat altyd by ons is en ons help om na U te bly hunker en dors. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.