Boodskap vir Vandag

Search

Woorde wat vreugde ontlaai

Die woorde van die regverdige bring lewe en geluk (Spreuke 10:11).

Nie lank gelede nie kom ek af op hierdie veelseggende uitspraak:

“There is hardly anything that can make one happier than to feel that one counts for something with other people.”

Dit het my laat terugdink aan een van die ontroerendste oomblikke in my lewe. Dit was tydens ʼn besoek aan ʼn jare lange vriend van my in sy Deense tuisdorp, Silkeborg.

Aan die ontbyttafel, kort voor my vertrek daardie oggend, het sy vrou skielik na my opgekyk. Terwyl die trane oor haar wange stroom, het sy my begin bedank. Omdat sy, só het sy dit verwoord, elke slag as ek kom kuier ʼn “beter” man terugkry – een wat skielik tot nuwe lewe gekom het.

Met haar woorde het sy nie net die waarde en betekenis van ʼn jare lange en kosbare vriendskap bevestig nie. Sy het ook ʼn nuwe vreugde in my aan die brand gesteek. ʼn Vreugde wat voortvloei uit die ontdekking dat ʼn mens tog – hoe klein ook al – iewers vir mense iets beteken.

Dit is ʼn vreugde wat ʼn mens eweneens tot trane van dankbaarheid kan dryf.

Here, gee dat ons vandag met ons woorde nie onmin en wantroue sal skep nie, maar eerder vreugde in die lewe van ander aan die brand sal steek. Amen.

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed