Boodskap vir Vandag

Search

Woorde

So is die tong ook maar ’n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag. ’n Klein vuurtjie

kan ’n groot bos aan die brand steek.

– Jakobus 3:5

 

Woorde is gratis bruistablette met groot krag. Woorde het die potensiaal om mense te inspireer en op te bou. Woorde kan hoop bring aan dié wat op die rand van die lewe beland het. Dit kan ’n trooskombersie word vir dié wat ’n ysige winter beleef. Dit kan lig bring op ’n maanlose nag.

 

Woorde kan soos ’n knetterende vuurtjie warmte in iemand se troebel dag uitstraal. Dit kan ’n glimlag op ’n hartseer gesig sit. Dit kan salf wees vir ’n stukkende hart. Dit kan die eensames omhels en aan die verdwaaldes rigting gee. Dit kan die uitgeworpenes geliefd

en aanvaar laat voel.

 

My en jou woorde het die krag om ander te seën – om lewe in die woestyn te bring.

 

Maar, ons woorde het ook die krag om te kwes, te verwond, te kritiseer, leuens te versprei, te vervloek, te beskinder en karaktermoord te pleeg. Ons woorde het die potensiaal om ’n vernietigende brand te stig en lewens in puin te lê. Ons woorde kan ander se selfbeeld afbreek, hulle menswaardigheid aftakel, hulle aan hulleself laat twyfel. Ons woorde kan mense mislei, verhoudings ondermyn en harte breek. Ons woorde het die mag om haat, spanning, donkerte, wanhoop en onmin te saai.

 

Kies daarom om jou woorde eers in jou kies rond te rol en voor die Here neer te lê vir sy goedkeuring voordat jy dit oor jou lippe laat vloei.

 

Bruisgebed vir babbelbekke: Here, help my om goed te dink oor die impak van my woorde voordat ek hulle sê.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed