Boodskap vir Vandag

Search

Wyd oop

Ons het nie ons harte vir julle gesluit nie; julle het julle harte vir ons gesluit (2 Korintiërs 6:12).

Ons is ons eie grootste vyand. Ons blameer baiekeer ander mense omdat ons nie groei of nuwe dinge aanpak nie, maar eintlik plaas ons self hindernisse op ons pad – baie subtiel. En ons elkeen s’n lyk anders.

In 2 Korintiërs probeer Paulus die moeilike verhouding tussen hom en die gemeente in Korinte hanteer. Hulle bevraagteken sy apostoliese gesag omdat hy hulle aanstoot gegee het.

Deurdat hulle hulle “toemaak” vir Paulus se woorde plaas hulle die blaam op hom. Paulus skryf hier in werklikheid: “Julle word nie deur ons ingeperk nie, maar julle word deur julleself in julle eie binneste ingeperk … stel julleself ook wyd oop vir ons.”

Paulus besef die Korintiërs se ingesteldheid is die probleem en hy nooi hulle uit om hulle binneste vir die apostels en hulle boodskap oop te stel. Miskien sluit hulle hulle toe omdat hulle bang is dit wat hulle gaan hoor, sal beteken hulle moet anders dink. Ons almal ken daardie gevoel – en bly maar by die bekende.

Miskien kan God deur sy Gees ook ons binneste oper en wyer maak vandag. Psalm 4:2 sê dan: “In die noute het U vir my ruimte gemaak.”

Soos U vir ons ruimte maak, Here, help ons om ons harte nie vir U te sluit nie, maar dit oop te sluit sodat U kan inkom. Amen.

Lisel Joubert

No data was found

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed