Boodskap vir Vandag

Search

Wyse woorde vir ʼn tyd van onrus

“Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê, maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin” (Johannes 17:33).

In ʼn aangrypende stuk oor die opstande in Europa in die 1970’s vertel Broer Roger van die bekende Taizé-gemeenskap in Frankryk hoe dit die Christelike denke en gemoed in daardie stadium geraak het.

Net soos in ons leeftyd, het hierdie onrus in die wêreld ʼn gevoel van diepe onsekerheid, moedeloosheid en sinisme by baie mense veroorsaak.

Erger nog, dit het ʼn gees van wantroue, veroordeling en selfs haat aangemoedig. In so ʼn mate dat baie wat nog die hoop op vrede en geregtigheid gekoester het, hierdie hoop begin prysgee het. Ook aan die waarde van hulle lewe en arbeid begin twyfel het.

Tog, so sluit Broer Roger sy stuk af, het hulle almal wat in Taizé gewerk het, heeltemal anders oor hierdie onrustige era en hulle verantwoordelikheid daarin gevoel. In sy woorde:

“In Taizé we said: It is not for Christians to be masters of worry. They are the servants of trust.”

Diensknegte wat die boodskap van vertroue moet uitdra, nie die boodskap van angs en bekommernis nie. Sjoe! Wat ʼn uitdaging!

Ek het lanklaas sulke wyse woorde vir ons leeftyd gehoor.

Here, Heilige Gees, kom vandag, besweer ons angs en kommer en maak ons diensknegte van hoop en vertroue. Amen.

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Hoofmeisie met kanker: ‘Wonderwerke gebeur vandag nog’
7 Oktober 2026
Man oor sy buite-egtelike verhouding: Só lyk die spoor van leuens en verwoesting – toe God se genadige ingryping
6 Oktober 2026
‘Skryf is vir my soos om aan die soom van Jesus se kleed te raak’ – LiG-rubriekskrywer vertel hoe gehoorsaamheid haar lewe verander het
5 Oktober 2026
Om luisteraars van God se genade bewus te maak– Nuwe Loof die Here-aanbieder deel sy program-resep
30 September 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed