Boodskap vir Vandag

Search

Wysheid

Dit is die Here wat die wysheid gee, uit sy mond kom die kennis en die insig.

– Spreuke 2:6

 

Wat dink jy is wysheid? En wie dink jy het wysheid? In die diereryk kry ons baie voorbeelde van wysheid. Eekhorings is wys – hulle versamel kos in die somer en berg dit sodat hulle genoeg het in die dorre wintermaande. Die mier is wys – hy werk getrou sonder dat ’n

baas hom opcheck of aanspoor.

 

Wysheid is nie jou verstandelike vermoëns nie. ’n Slim mens is nie noodwendig wys nie. En wyse mense het nie noodwendig ’n buitengewoon hoë IK nie, maar eerder ’n hoë EI (emosionele intelligensie).

 

Wysheid is goddelike verstandigheid. Dit is die vermoë om ’n verskeidenheid uiteenlopende situasies en persoonlikhede op te som en op so ’n manier op elkeen te reageer dat die uiteindelike uitkoms goed is.

 

Wyse mense weet wanneer om te praat en wanneer om stil te bly.

 

Wyse mense kan luister, ook na teregwysings. Hulle is leergierig en hou by hulle beloftes. Hulle kan aanspreeklik gehou word vir die foute wat hulle maak.

 

Wyse mense kan konflik goed hanteer. Hulle hanteer ’n probleem sonder om iemand se karakter aan te val. Hulle besef wanneer konfrontasie dreig en kan vinnig onderskei of ’n gesprek sinvol sal wees en of hulle eerder moet terugstaan van ’n sinlose ego battle met

’n onwyse mens.

 

Wyse mense het geleer om nie net op hulle eie beperkte insigte staat te maak nie, maar om die Here se raad te volg in al hulle battles en besluitnemings.

 

Bruisgebed vir wysheid: Maak my leergierig, Vader. Ek wil wysheid aanleer deur Spreuke te bestudeer en uit te leef én Jesus se lering te volg. Tot eer van u Naam.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

 

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed