Boodskap vir Vandag

Search

Wysheid, asseblief, Here!

“Here my God, U het my koning gemaak in my vader Dawid se plek, maar ek is nog jonk en onervare en ek moet regeer oor die volk wat deur U uitgekies is, ’n groot volk, te veel om te tel. Gee my die gehoorsaamheid aan U dat ek u volk reg sal regeer en in alles insig sal hê, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer!” – 1 Konings 3:7-9.

In die 1933/1953-vertaling word Salomo se versoek om insig só gestel: “Gee dus aan u kneg ’n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk …” ’n Opmerksame hart is ’n hart wat ontvanklik is vir ander. Salomo se versugting kom uit sy diep behoefte om waarlik na ander se behoeftes te kan luister; nie net met sy ore en verstand nie, maar veral met sy hart. Hy vra indirek hier vir deernis en goeie oordeel om reg te kan laat geskied aan sy onderdane se versoeke.

As God se kinders kom ons ook soms in situasies waar ander hul vertroue in ons plaas en op ons goeie oordeelsvermoë staatmaak. Ons kan nie vooruit weet met watter probleme mense ons gaan nader nie. Daar is ook geen waarborg dat ons sal weet watter raad of bystand om te gee nie. Wanneer dit nie ’n leefwyse is om met ’n opmerksame hart te leef nie, sal ons dit nie skielik regkry wanneer iemand ons nader nie. Daarom moet ons gereeld bid vir wysheid; nie net om mense in bepaalde situasies met insig te kan bystaan nie, maar om elke dag met wysheid te lewe.

Here, gee my ’n opmerksame hart. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed