Liewe Here,
Ons dink vandag aan almal wat swaarkry. Help hulle wat siek is, moedeloos is of alleen voel.
Gee vir hulle krag, rus en hoop.
Omvou hulle met U liefde en laat hulle weet U is naby. Wys ons hoe ons U liefde vir hulle kan wys. Gebruik ons hande en harte om 'n verskil te maak.
Amen