Boodskap vir Vandag

Search

Steek ’n kers aan

Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed

Gebedskers

Hierdie kers vervang nie gebed nie, dit dra my gebed verder.
Die vlam antwoord nie alle versoeke nie, maar dit is ’n teken van my vertroue.
Wanneer ek verder gaan, sal hierdie liggie bly brand as ’n stille getuienis van my geloof in U, Here.

Die kers vervang nie gebed nie, dit dra jou gebed verder.
Die kers antwoord nie alle versoeke nie, maar is ’n teken van vertroue.

Hou my vas O Heer, in my wag periode vir 'n deurbraak, my oë gefokus op Jesus. Ek bid dat U verheerlik sal word en dat die deurbraak 'n lewende getuienis sal wees tot U verheerliking.
Celia
Struwig

Deel dit

Genesing Dat Here met haar sal wees en haar hart geneesv pyn
Bettie
Blignaut

Deel dit

Dat ek genees word en dat ek en my man finansieel versterk sal word op ons gevordere ouderdomme.
Stephani
Krugel

Deel dit

Vader in die Hemel, ek vra dat U my sal verlos van alle bose geeste wat my teister elke liewe dag😢 vra dat U my sal help om ñ werk te kry en ñ finansiële deurbraak om my karretjie wat al 3 jaar stukkend is, te kan laat regmaak. Vra dat U my sal help in my geestelike, emosionele en fisiese toestand om weer gesond te wees. Beskerm asseblief my kinders elke liewe dag en hou hulle veilig in U hande🙏🏻 bid vir insig en wysheid vir my kinders. Bid dat U hulle sal help om eendag onafhanklik te kan wees, hulle is nog baie jonk en het nog soveel hulp nodig. Help my asseblief sodat ek hulle kan help....bid ook vir elke persoon in my familie en dat U elkeen sal beskerm en leiding gee🙏🏻♥️ Dankie vir alles liewe Vader, ek is baie baie lief vir U🙏🏻♥️🙏🏻
Venezië
Van der Walt

Deel dit

Hierdie tannie is 86 jaar oud bly by haar kleinkinders in gevaarlike omgewing vir haar veiligheid en dat kinders tot bekering sal kom.Dit is haar gebeds versoek.Here dankie dat U haar gebeds versoek van oggend verhoor in Jesus Christus naam.
Cathleen
Jacobs

Deel dit

Bid vir Volkome genesing in Jesus Naam Amen
Surika
Du Toit

Deel dit

krag en leiding v8r egskeiding
Melanie
Havenga

Deel dit

Hy gaan deur hartseer van gebroke huwelik
Melanie
Moolman

Deel dit

PRYS ONS HEMELESE VADER !!! DIE DOOD IS NIE ONS VYAND NIE .DIT IS DIE VRIENDELIKE DEURGANG NA DIE LEWE BY GOD. ONS WARE VYAND IS ONS KONSTANTE VREES VIR DIE DOOD. NORMN COUSINS
Gert
Zandbergh

Deel dit

My vriendin het stage 4 kanker. Alhoewel hulle haar minder as 5 jaar tyd gegee het, is sy nou nog deur haar geloof gespaar 15 jaar (Mei). Die afgelope jaar het sy baie terugslae gehad. Sy is nou meegedeel dat al haar organe pak op en sy sal nie die einde van die jaar sien nie. Ek vra dat daar gebid word vir haar genesing as God se wil is. Dat as dit Sy wil is sy nie moetbpyn en leiding moet verduur nie. Dat sy in hierdie tyd goeie tyd sal hê saam met haar gesin en kleinkinders.
Louise
Malan

Deel dit

Geweldige pyn
Sonika
Mcarthy

Deel dit

Asseblief bid vir Quintoleen my dogter vir n werk sy het n 3jarige seuntjie wat sy moet versorg en my man dat die Here hom sal aanraak hy is bedlend het 2 strokes gekry 3jaar trug en hy kan nie loop nie
Jacqueleen
Delillie

Deel dit

Sy gaan gebuk deur baie pyn agv gesonheids probleme
Desmond
Jelliman

Deel dit

Ek kyk na my voog wat al die jare na my gekyk het. Sy en haar man het toe ek trou weer by ons ingetrek datnek bietjie weer na hulle kannkyk. So vir my hele lewe van 1 jaar ou af is hulle my ouers. Sys nou in nntehuis want ek kon nie meer fisies na hulle kyk nie syt altheimers en hy het ook bedsorg nodig gehad. Hy is oorlede op 96 daar en sys nou alleen agter. Ek het hom Veras en het baie oordeel gekry deur een oom. Hy het my so sleg gesé en gesé dis verkeerd. Hy was vandag by my en het weer op my kom skree voor my kimders en eks baie bang vir die oom. Hys haar broer. Hyt gesé hy sal sorg dat ek haar begrawe en nie verasnnie as iets gebeur. Ek vra asb vir gebed van beskerming oor my en my gesin en alles wat hy al oor ons uitgepsreek het af te sny. Ek kry nou angsaanvallr en sukkel vreeslik ket my gesindhen bloedtoetse is mooi. Ek ken geen prokureer vir raad nie. El vra net gebed vir beskerming wysheid en raad en net kan die oom net ons uitlos of ay hart verander. Dis kla hel om my ma elke dag te sien lei met Alzheimer's wat nog oor haar toekomstige begrafnis reelings te baklei en te vrees virnmy familie se veiligheid.
BERNICE
GROBLER

Deel dit

Dat sy en haar man insig sal kry oor die besluit om terug te kom Suid-Afrika toe.
Melanie
Moolman

Deel dit

Ek bid vir genesing vir n dogter wat die pad byster geraak het. Ek vertrou vir n drastiese ommeswaai in haar lewe. Ek bid dat God my saggeaarde liefdevolle kind aan my terug besorg sodat sy U kan eer en aanbid
Rachelle
Markus

Deel dit

Vir my gesonuit en vir voorsiening en kos en blyplek
Maria
Ball

Deel dit

My voorsiening en gesonduit en vir blyplek e. Kos
Maria
Ball

Deel dit

Sully n 3 jaar oue kanker lyer en Drs het opgegee.Sy ouers wend hulle nou na alternatiewe heling. Ek en my gebedsgroep bid reeds n jaar vir Sully
Cecilia
Horn

Deel dit

My man het kanker en chemopille maak hom moeg en siek, tas sy verstand aan. Bid asb saam met ons vir Goddelike Wysheid dat die Here ons sal lei om regte besluit te neem vir toekoms behandeling en volkome genesing.
Linda
Landman

Deel dit

Dierbare Vader in die Hemel, baie Dankie vir die voorreg om weer vanoggend te kon wakker word en opstaan. Dankie vir alles wat U elke dag vir my doen en gee. Dankie dat U genade en Liefde ons elke dag omvou en vertroos🙏🏻 Dierbare Vader, ek bid dat U my kinders sal beskerm, waarookal hulle gaan. Dat U aan hulle die insig en wysheid sal gee om elke dag die regte besluite te neem. Dat U aan hulle die krag sal gee om deur die hartseer, moeilike en eensame tye, nie moed op te gee nie, maar sal sterk staan in hulle geloof en liefde in U. Liewe Heer, help my dogter om haar pad terug te vind na U en werk in haar hart om te Glo in U en geen twyfel in haar geloof in U te hê nie. Neem U woning in haar hart in. Help haar met elke besluit wat sy moet neem in haar lewe, gee haar die krag wat sy nodig het om ñ besluit te neem en daarby te hou. Help haar om in haarself en haar vermoëens te glo. Help my 2 seun elke dag met die uitdaging wat hulle by die werk ervaar en ook hulle studies. Moeilike omstandighede, harde werk, lang ure. Beskerm hulle elke oggend oppad werk toe in hulle afsonderlike rigtings en weer in aande terug huistoe en bewaar hulle teen al die gevare op die pad. Hou hulle veilig in U hande en gee aan hulle die nodige insig en wysheid om elke dag die regte besluite te neem. Gee asseblief aan my kinders U ONVOORWAARDELIKE liefde en genade, vergewe ons sondes elke dag asseblief liewe Heer. Help my op my lewenspad vorentoe. U ken my behoeftes en begeertes, dis al waarvoor ek kan vra. Laat U wil geskied en indien dit U wil is, laat dit dan so wees vir elkeen van ons, op U gegewe tyd en nie op ons tyd nie. Dankie Hemelse Vader, dat U nog altyd daar was vir ons almal en dat U nogsteeds hier is vir ons🙏🏻♥️🙏🏻 ek bid al hierdie dinge en ook alles wat U reeds weet, bid ek tot eer en verheerliking van U naam, nie omdat ons dit verdien nie, maar alleen deur U genade en liefde....Amen 🙏🏻🙏🏻🙏🏻♥️♥️♥️
Venezië
Olivier

Deel dit

Dat hy n vaste werk kan kry sodat hy vir sy familie kan sorg
Eva
Erasmus

Deel dit

Vir Liefde en die besef dat daar vir elkeen van ons n plekkie onder die son is. Vir die terugkeer na Ubuntu waar elkeen sal besef dat I am My Brother's / Sister's Keeper! Baie Dankie
Helen
Jack

Deel dit

God is goed
Jacques
Jansen

Deel dit

Hemelse Vader, ek bring my seuns voor U en vra dat U hulle sal beskerm teen slegte besluite, siektes en negatiewe invloede. Lei hulle op die regte pad en help hulle om 'n lewe te lei wat U behaag. Mag hulle 'n opregte harte hê en die regte keuses maak in elke situasie. Vul hul harte met geloof, liefde en wysheid, en laat hulle altyd U teenwoordigheid ervaar. Bid dat my seuns goddelike karakter ontwikkel, integriteit hê, en die goeie sal najaag. Mag hulle die Woord van God as hul kompas kies en hul lewe volgens U riglyne inrig .Ek vra dat hulle die waarde van hul lewe in U oë sal verstaan en dat hulle hul talente en gawes sal gebruik om ander te dien en U te eer
Paul
Davids

Deel dit

Liewe Vader, gee asseblief dat my 2 seuns 'n werkie kan kry en iemand om hulle lief te he en saam met hulle oud te word. Hulle het dit so moeilik gehad vir 'n tyd en verdien om iemand te kry wat hulle verstaan en bereid is om saam met hulle oud te word. Maar gee asseblief deur U groot genade vir hulle eers net werk. Dit is moeilike tye en almal sukkel so ek vra dit nie net vir hulle nie maar vir almal wat dit nodig het. En asseblief, as U dit kan oopsien om my leierskap pos gebed te verhoor sal ek dit met alle liefde en positiwiteit en met alles in my probeer vervul en 'n lig in die donker wees vir almal hier. Amen
Ilze
Shore

Deel dit

Gerhardis is siek dokters sekol om die voud te kry bit vir hom vir geneesing en vir voorsiening asseblief
Gerhardis
Snyman

Deel dit

Here wees vandag met al my kinders, hul is al groot Here en ek kan hul nie met een kombers mee toe maak nie. Maar U liefde kan. Dankie Abba Vader Amen
Antoinette
van Wyk

Deel dit

Bid asseblief vir my gesonduid ek het 'n wierus gegaad is besig nog om te herstel en bid asseblief vir my werk ek is nog nie vasgestel nie
Gert
Snyman

Deel dit

Finansiele bekommernis
Frances
Gabriel

Deel dit

Lakeisha ht gebooye gegee aan n dogtertjie op 30 Aoril 2026. Die baba het net 2 dae felewe en is 2 Mei oorlede. Sy se as sy haar oe toe maak sien sy haar baba. Sy kan nie slaap of eet nie. Bid vir haar asb.
Mabel
Scheepers

Deel dit

Dat Hy God sal vind.
LYNETTE
POTGIETER

Deel dit

Vir my en ander get pyn op maag wat wens wil weggaan was vir scan maar alles wys skoon
Desiree
Van Greunen

Deel dit

Ek vra dit in Jesus se naam vir gesondheid welstand en finansiele behoeftes
Hermie
Broodryk

Deel dit

My dogter soek werk nadat die maatskappy toe gemaak het wat sy tans gewerk het.Sy moet ook verblyf en n skool vir haar dogter kry.Sy woon tans op die perseel vn d vorige werk.Dankie Here
Dirk
Engelbrecht

Deel dit

Ek het te veel energy drinks ge drink maag skaade bid asb vir 100 gerstel dankie
Anthony
Chaplin

Deel dit

Gee vir my getroude 2 kinders wysheid en kalmte om haar skoonfamilie wat met ongeestelike verhoudings besig is en swak ouer figure is reg te hanteer
Rosa
Van Niekerk

Deel dit

Ek is tans swanger, en het in my vorige swangerskap my baba verloor as gevolg van hoë bloedruk, maar hierdie keer is my geloof in die Here en ek glo Hy gaan my help en deur dra.
Lorencia
loggenberg

Deel dit

My klein sussie Miemie is vanoggend oorlede. Rus in vrede liefste sus Miem.
Ria
Venter

Deel dit

Dat my eie kinders en ook al die jongmense wat soek na die sin in hierdie wêreld, God as anker en antwoord sal vind. Dat hulle sal besef dat die Here sin gee aan ons lewe.
Beryl
Pretorius

Deel dit

Ek bid dat my mamma en pappa in goeie gesondheid sal bly vir nog baie jare. Ek bid dat hulle gelukkig en positief sal bly. Ek bid dat hulle altyd met hoop en opgewondenheid na die toekoms sal kyk. Amen
Chante
Boshoff

Deel dit

Vir dertien jaar sukkel ons om net n standvastige goeie inkomste en werk te kry, ons het alles verloor as gevolg van omstandighedes, ons huwelik is al so verskeur ons gaan deur diepe water maar sal mekaar altyd bystaan, asb ons vra dringende gebed dat ons omstandighedes kan verander, ons nog nader aan God kan beweeg, en ons weet dat ons foute gemaak het en vra God om ons te vergewe en ons sal seen want ons weet Hy is ons eenigste Vader en ons hulp kom van Hom.
Analiza
Joubert

Deel dit

Mag jy die gees van die Vader en Vrede ervaar.
Maxie
Schoeman

Deel dit

Willie het pankreas kanker, is terminaal en verduur ongelooflik baie pyn...en daarmee saam ook sy gesin. Willie dien ook ons getroue God en hemelse Vader, en berus in Sý wil. Maar, as mens kry hy swaar. Ons ken mekaar vanaf 1969 en het saam gematrikuleer in 1980, en Willie se lag raak stil, en ondeunde oë verander in oë van pyn. Ek bid dat Vader vir Willie nie te lank sal laat ly nie en hom sal toevou in Sy verrustende vrede dat daar geen pyn by Ho. Sal wees nie.
Veronica
van Niekerk

Deel dit

Ek bid dat die Here vir Eddie werk sal gee en leiding vir wat hy as man van die huis moet doen.
Sonja
Siebert

Deel dit

Dat Here sy hand van geneesing oor hom sal hou en genees van sy kanker
Louwrens
Bester

Deel dit

Vader, ons bring vandag twee van ons familielede na U toe wat met kanker gediagnoseer is. Ons bid dat U, U genesende hand oor albei van hulle sal hou. Gee hulle krag vir elke dag, vrede in hulle harte en hoop in moeilike tye. Wees naby aan hulle in elke oomblik en dra hulle deur hierdie proses. Seën ook die dokters en almal wat na hulle omsien, en gee wysheid in elke besluit wat geneem word. Here, ons vertrou hulle in U hande, want U is ons Genesheer. Amen.
Ilse

Deel dit

Dat God ons sal help deur al ons struikel blokke. Finansies. Luna Mari my kleindogter se autisme en geen spraak. Asook om Sy hand van genesing oor my te hou en te beveilig by my werk. Dat ek oor die nodige kennis en vermoe sal beskik om my werk te behou op my ouderdom en die Duiwel nie kan inbreek maak nie. Here neem my vrese weg en maak my net rustig.
COLLEEN
CONRADIE

Deel dit

Ons koop huis en moet finansiering doen vir die oordragskostes ook. Tot dusver het net 1 bank laatweet dat hulle gedeeltelike kostes sal dek. Ons bid vandag en vra vir die Here dat dit vir ons sal deur kom❤️
Chante
van Greunen

Deel dit

Vader wees met hom altyd en laat sy lig vir u skyn. Dankie Vader. Amen
Max
Schoeman

Deel dit

Om 'n sagter hart te hê, om liefdevolle oë te hê vir almal en alles. Om op te hou veg met almal wat teenstrydig is met hoe HY mense wil hê. Om my onvoorwaardelik lief te hê.
Lizette
Roets

Deel dit

Ons het/moes ons huis verkoop. Dit gaan finansieel moeilik. Die registrasie is Vrydag afgehandel. Die nuwe eienaar kom nou met aanhoudende versoeke en.eise van goed wat hy reggemaak.wil.hê. Hy los ons eenvoudig nie uit nie. Dit maak ons moeg en moedeloos en my vrou Christien is op die randjie van moed opgee!
Frik
Terblanche

Deel dit

Maak sy hart liefdevol en sag dat hy vir mense omgee wat hom lief het
Surika
Du Toit

Deel dit

Dankie te se vir die goeie mamma wat sy is. En haar liefde beteken so baie.
Madelein
Van as

Deel dit

Ek het hulp nodig in my eie lewe as mens, finansieel, geloof ensovoorts Dit voel asof my lewe nerens heen gaan nie
Linda
Botha

Deel dit

Here maak hom vry moenie dat hy lei nie in Jesus naam
Amelda
Afrika

Deel dit

Ek vra dat almal asb vir ons bid. My man is siek en raak nie gesond nie, ons dogter gaan deur haar eie stykeling. Ons huis is nie gesond nie. Ons soek die lig terug binne in ons, om weer nader aan God, Jesus en die Heilige Gees te kom. Alles loop verkeerd en dan twyfel mens weer. Ons wil nie meer worry oor waar ons geld vandaan gaan kom om alles te kan betaal nie. Ons wil net weer gelukkig wees in ons Lewens en net vir God leef.
Catherina
Slabbert

Deel dit

Here bskerm my kinders gee uitweg in ons situasie hoop waar ons dit nodig kalm en liefde.
Lynette
Swarts

Deel dit

Wil nie veel uitbrei maar hy gaan tans deur n moeilike tyd
Marosel
Zietsman

Deel dit

Ek sukkel om oor die verlies, leemte en verskriklike verlange te kom na die afsterwe van my dogter Melandi. Sy het gestremdhede gehad en was my lewe.
Sandra
Venter

Deel dit

Dat my seun God se wil sal na streef, tans is hy in 'n verhouding met 'n meisie wat nie Jesus ken nie. Ek het hom groot gemaak in 'n huis waar ons die Here dien. Sy het hom onder haar losbandige greep en hulle bly saam. Die verwagting is groot dat hy vir hulle moet voorsien. Sy werk ook maar, sy wil he hy moet meer bied. Hy is in opleiding vir 'n meganiese tegnikus petrol en diesel. Die druk is baie van haar kant af dat hy vir hom ander werk moet soek en dat hy nie voort gaan met sy huidige studies nie. Hy mag ons ook net op haar terms sien, soms net eenkeer 'n maand. Sy het hom verander en sy oë lag nie meer soos voorheen nie.
Carine
Kruger

Deel dit

Bid asb vir my familie soos bogenoemde dat die Here hulle sal verlos van alle kettings waarmee Satan hulle bind. Bid asb dat God die drank sal bitter maak in hulle monde en dat hulle God n kans sal gee in hulle lewe. My versoek is dat God die begeertes van my hart sal vervul en my sal seen in n mate dat ek ander ook kan seen. Bid vir ons land en ons kinders se veiligheid.
Tracey-Ann
Adams

Deel dit

Versoek aan ons Skepper HEER dat die afgelope maande, en tans laaste 7 dae , se veldbrande tot 'n einde sal kom. Ons Brandweer Manne en Amptenare van Owerhede is uitgeput. Miljoene rande se skade is aan infrastruktuur aangerig.
Sammy
Brett

Deel dit

My man het n alkol problem dit druk ons gereeld in die moeilkheid laat daar nie geld is vir kos,my seun van 19 het n spraak problem hy sukkel om te praat,my seun van 25 kry angsaanvalle dan vir my self ek wil n kind van God wees ek wil nader aan God wees maar waar begin ek
Esther
Coetzee

Deel dit

Ek bid en vra die Heer om my en my gesin teseën, om vir my nuwe deure oop temaak en n werk op my pad sal stuur, ons sterker in geloof sal maak sodat ons nooit ophou sal glo of vetrou nie. Die Heer was nog altyd goed vir ons en ek glo dat hy my op die regte pad sal ly en die regte werk op my pad sal stuur.
Adel
Pauw

Deel dit

Gerald Ball wat sleg in hospitaal lê
Maria
Ball

Deel dit

Dat die here hulle raak sien en nooit hulle verlaat nie hulle is niks sonder die here nie maar hulle voel verlore
Keenan
Swanepoel

Deel dit

Here my hart le vol dankbaarheid. Dankie Jesus vir U genade. Lofprysing aan God.
Elma
Strydom

Deel dit

Dat God my vrou sal versterk en haar hart weer heel sal maak.
Ed-john
Pholman

Deel dit

Here help my om die onreg aan my gedoen te vergewe en ook vergeet. Ek gee dit nou vir n Heer. Vergewe en vergeet. Vertrou op God.
Pieter
Fourie

Deel dit

Dit voel asof alles uitmekaar val. My boetie is na n mallemeule 6/7 maande van gesond na COPD, blaaskanker aan septiceamia oorlede. Hy was maar 57jr oud. Het baie swaar gekry. My eie gesondheid kwel my en my finansies het net die laaste twee jaar agteruit gegaan. My eie toedoen, ek erken dit, ek moes beter rentmeesterskap aan die dag gelê het. Maar "as ek maar" is nou te laat. Bid asb vir geestelike groei in my eie verhouding met Vader. Ek voel die laaste 3 jr so vêr van Hom. Het altyd so n lekker, diep verhouding gehad. Ek weet dis nie Hy wat vêr staan nie, ek gee toe aan afleidings, want my konsentrasie is by die deur uit met menopouse en medikasie. Bid teen afleidings en vir fokus. Troos vir ons hele familie. Manie se siekwees en afsterwe het ons hard getref. Bonatuurlike ingryp van Vader in my finansies, en uitstekende rentmeesterskap.
Jana
Beukes

Deel dit

Ek vertrou die Vader vir die Redding van my seun Robin se siel asb. Dat Hy weer sy kruis sal optel en Jesus sal volg. Robin is geseën met n gawe van profetiese sketse . Wat ek ook Al in die verlede gebid ht, het hy die antw op gebed geteken. Kleurvol en duidelike boodskap wat Hy Dan self oordra sjoehh dit was n Hemelse ervaring elke keer. Maar sit het in Vredenburg kom sterf. Hy ht nog gesien toe ons hoe room. Maar sit het mettertyd gestop. Vertrou bid en hoop saam met my dat die Vader hom weer terugroep vir die Koningkryk asb in Jesus naam🛐
Danielle
Steenkamp

Deel dit

Liewe Here, ek bid eerstens om te se baie dankie vir alles wat U vir my gee en dan vra ek asb krag om sober te bly en dat U my sal sterk hou dat ek kan Nee se vir die verkeerde dinge. AMEN
Helene
Labuschagne

Deel dit

Here help my om elke dag dankbaar te wees vir alles wat U vir my doen. Help my deur die moeilike tyd geestelik en finansieel. Ek dank U vir U groot genade. Amen 🙏
Elsie
Pienaar

Deel dit

Asb Help die liefste vader om my sondes te vergewe ek het baie mense en myself leed aangedoen. Ek vra opreg vergifnis vir my sondes. En al die pyn en woedewat ek baie mense veroorsaak het. Lien AMEN
Helene
Labuschagne

Deel dit

My gebedsversoek is vir my man, Donavan, wat ongelooflik hard werk (vir 'n werkgewer wat hom absoluut misbruik en oorwerk), altyd probeer behulpsaam wees en goed doen teenoor ander en vir sy Ma probeer sorg vir die wat sy kort kom... Erge teespoed het hom al sy hele lewe lank getref wat bittere hartseer en ook ernstige finansiele probleme en swaarkry veroorsaak (het)... A.g.v hiervan is hy verskriklik negatief, swartgallig, ondankbaar en sielsongelukkig... Hy sê dinge soos "ek moet eerder vrek" en "ek weet waarvoor ek hier op aarde is nie"... Ek bid dat God sy harde werk sal seën, dat Hy die salaris sal kry wat hom toekom vir sy lojale en harde werk en dat die Heilige Gees sy oë sal oopmaak vir die seëninge in sy lewe hom 'n dankbare hart vol vertroue in God sal gee.
Marsha
Janse van Rensburg

Deel dit

My man is baie siek
Maria
Ball

Deel dit

Dankie Here dat U vir my goed is. Dat U my toekoms voorberei. Dat U hartseer wonde genees en dat U my geloof op wonderbaarlike maniere versterk. Dankie Here dat U dit vir al U kinders doen.
Cindy
Van Schalkwyk

Deel dit

Bid vir my dis al 5 die name hierbo.Bid dat die Here hul sal vrymaak om weer die Here te dien.Bid dat God hul sal bewaar en beskerm. Bid ook vr Eugene en Amanda en Gershin dat God sal voorsien vir hul n werk baie dankie.Die Here seen
Charlotte
Klein

Deel dit

Sy het die stryd teen kanker verloor. Rus sag by God, en mag Hy jou familie in Sy arms omvou.
Theuns
Erasmus

Deel dit

Bid vir my ek het geweldige pyn aan my regterkant van my gesig
Bertie
Pronnitz

Deel dit

Eks af gedank gister en vandag toe breek die kar. Ek het nie geld vir niks nie en die kos kaste is leeg.
Pikkie
Smit

Deel dit

Om die ongelukkigheid in ons huwelik te stop en weer opreg met mekaar te komunikeer en te lag en vol vrede te wees.
Franklin
Joseph

Deel dit

Dat God sy hart sal aanraak, hom 'n sagte hart vol van Sy vrede en liefde sal gee
RIANA
DE GOEDE

Deel dit

Dat God hulle sal toevou onder Sy vleuels, hulle Toevlug en Beskermer sal wees, dat God aan hulle genade sal bewys en aan hulle vrede gee. Ek bid dat die Here vir my seun en dogter deure sal oopmaak vir werk omdat Hy die God van die onmoontlike is.
SanMari
Vorster

Deel dit

Jesus van Nasaret, God van Abraham, Isak en Jakob, Alomteenwoordige God, alle eer lof en prys kom gee ek vanaand aan U. Dankie vir U liefde vir al U se kinders. Dankie vir U Hand van genesing oor U seun, my man Nathan. Wat is die mens dat U aan hom dink? Doen dit weer Here wanneer hy Dinsdag 23 Sept 2025 gaan vir sy naald biopsie resultate van sy linkerlong. Ons bid vir 'n mooi werk asook dat U die kolletjie self gaan laat oplos in Jesus Naam om Jesus wil. Amen
Roseline
Liesing

Deel dit

Dat God my gesin en kleinkinders by name op die hande sal dra en dat hulle elke dag elke individu aan U sal opddrza
Johann
Mostert

Deel dit

Dat hulle Jesus as hul verloser sal aanneem
Bets
Van biljon

Deel dit

Dat God hulle elke dag sal beskerm en in Sy liefde omvou. Dat hulle die Drie- enige God sal liefhê met alles waartoe hulle in staat is. Dat hulle mekaar altyd sal liefhê soos wat God hulle liefhet.
Trudie
Kruger

Deel dit

Vir Hanna om heeltemal te genees en soos 'n normale 3jarige te wees.
Elsabe
Scheepers

Deel dit

Ek is n weduwee met 3 kinders. My twee oudste kinders ( met kwalifikasies) is werkloos . My jongste seun is op universiteit ( 1ste jaar) . Ek bid dat Pappa God vir hulle deure sal oopmaak soos net HY kan. Ook ons woon in n huurhuis. My gebed is dat God ons sal seen met ons eie huis. Ek bid ook vir n finansiele deurbraak .
Rochelle
Prinsloo

Deel dit

Here dankie dat ons enige tyd van die dag en nag na U toe kan kom. U is altyd daar. Here help ons om uit die gat wat ons is uit te kom en dat ons U al die eer en dank sal gee want sonder U Here sou ons nie sover in die week al gewees het nie. Dankie vir alles wat U vir ons doen en nog gaan doen en help ons om altyd eers die Koningkryk te soek voor ons enige iets anders soek. In Jesus se naam Amen
ELSA
BOOYSEN

Deel dit

BID ASB VIR MONICA EN HAAR TWEE KINDERS MAMMA IN REHAB EN KINDERSIN TOESIG BID ASB DAT MAMMA EN KINDERS WEER AS HUISGESIN SAAM KAN WEES.
HELANA
ROSSOUW

Deel dit

Bid dat God haar gesond maak vanaand, haar mamma is oorlede en pappa moet nou na haar en ouer broer omsien.. Sy is net 9jaar oud.. Sy het wel net verkoue maar vir so klein lyfie wat liefde van haar mamma ook kort, glo ek sal a gebed vir God se liefde en warmte in a verlange na haar mamma vreede sal bring in haar klein hartjie..
Anami pop
Hanekom

Deel dit

Ek dank die Here vir 'n mens met so 'n hart in my lewe gestuur het... So mens se LEWE en HART kan net deur JESUS geseën wees. Is my inspirasie. Bid ook vir my kinders en kleinkind dat hulle mag geseën wees asook my man. Ook vir Charlie Kirk en sy familie. Mag JESUS SY GESIG NA HULLE DRAAI, MAAR DAN OOK DIE SKIETER. MAG DIE HERE SE GENADE OOR HOM WEES EN SY HART VERANDER Baie DANKIE. IN JESUS NAAM ALLEEN AMEN
MARI
Lindeque

Deel dit

Word gesond my kinders en mag die Here altyd met julle wees, dit is al 2jaar laas wat ek van julle gehoor het of gesien het, behalwe wanneer die dokters rekeninge aan my gestuur word om te betaal . Pappa is en sal altyd lief wees vir julle. Totdat ons mekaar weer sien, hou aan bid en bybel lees en weet dat die HERE altyd reg langs julle staan.
WILLEM
VAN DEN BERGH

Deel dit

Ons dink aan ons kollega en haar familie in die moeilike tyd.
Nico
Simpson

Deel dit

VANMORE KOM SE EK NET DANKIE VADER VIR U GOEDHEID EN GUNS WAT OP MY RUS EN DANKIE VIR MY BEKERTJIE WAT ELKE DAG OORLOOP VAN VREUGDE LIEFDE EN AL MY TEKORTKOMINGE DANKIE VIR VOORSIENING ELKE DAG EN BESONDERS VANDAG EK LOOF PRYS DANK EN EER U ALREEDS VIR DIT WAT U VIR MY GEDOEN HET EN NOG GAAN DOEN LAAT U WIL GESKIED IN JESUS NAAM AMEN
JEANNE
VAN SCHALKWYK

Deel dit

DANKIE VADER VIR U GOEDHEID EN GUNS WAT OP MY LEWE RUS DANKIE VADER VIR MY BEKERTJIE WAT VANDAG SAL OORLOOP IN MY KOSKAS YSKAS KRAGBOKS EN GELDBEURSIE EN VIR DAARDIE BARMHARTIGE SAMARITAAN WAT U OP MY PAD SAL STUUR DAAROM LOOF DANK PRYS EN EER EK U VIR DIT WAT U VIR MY GEDOEN HET EN NOG SAL DOEN NIE NET VIR MY NIE MAAR OOK VIR ANDERE LAAT U WIL GESKIED IN JESUS NAAM AMEN
JEANNE
VAN SCHALKWYK

Deel dit

EK LOOF PRYS DANK EN EER U DAT U VIR MY DEURGEKOM HET DANKIE VADER GAAN SAAM MET ONS DEUR HIERDIE WEEK IN JESUS NAAM AMEN
JEANNE
VAN SCHALKWYK

Deel dit

BAIE DANKI VADER VIR DIE DAG HERE LEI U ONS DEUR HIERDIE DAG BEHOED EN BEWAAR U ONS VADER DANKIE DAT U ONS SALARISSE GESEEN HET KOM WERK USELF MET MY SALARIS VADER GAAN U VOORUIT VIR DIT WAT EK WIL DOEN EN DOEN DIT ALREEDS VIR MY EK VRA ALLES IN U WONDERLIKE NAAM LAAT U WIL GESKIED AMEN AMEN
JEANNE
VAN SCHALKWYK

Deel dit

VANOGGEND KOM DAN PRYS LOOF EN EER EK U DAT U ONS WEEREENS VANGGEND OPGEWEK HET UIT N DIEPE SLAAP DANKIE VADER VIR U LIEFDE EN GENADE GAAN SAM MET ONS DEUR HIERDIE DAG VOORSIEN IN ELKEEN VAN ONS BEHOEFTES MY HEER EN MEESTER SEEN U ELKEENN VAN ONS DEK ONS TOE ONDER U KOSBARE BLOED IN JESUS NAAM LAAT U WIL GESKIED AMEN EN AMEN
JEANNE
VAN SCHALKWYK

Deel dit

VANOGGEND KOM SE EK U NET DANKIE VADER DAT U ALTYD DAAR IS VIR MY EN ANDERE DANKIE DAT EK ELKE OOMBLIK MY SEENINGE KAN TEL VOORSIEN VANDAG IN ELKEEN VAN ONSE BRHOEFTES IN JESUS NAAM AMEN DANKIE VADER VIR MY DEURBRAAK WAT OPAD IS LAAT U WL IN MY LEWE GESKIED IN JESUS NAAM AMEN
JEANNE
VAN SCHALKWYK

Deel dit

My seun (André) is al amper 20 jaar aan ʼn ventilator gekoppel wat vir hom asemhaal. Hy het Duchenne Spierdistrofie. Hy kan homself nog besig hou op sy rekenaar deur middel van ʼn "eyegaze" wat hy gebruik. Hy kan nie meer sy mond oopmaak om te eet of te kou nie en dit maak my so hartseer om te sien hoe sy versorgers sukkel om sy kos in sy mond te kry. Hy wil niks weet van ʼn maag voedingsbuis nie en dit breek my hart om hom so te sien. Ek is so bang die versorgers gee moed op en loop. Ek werk nog en kan nie self na hom kyk nie en elke dag verwag ek die ergste. Sal jul asb vir my, vir hom en die versorgers bid vir krag, geduld en aanvaarding. Baie dankie.
Sanlie
Roelofse

Deel dit

VANOGGEND KOM SE EK VIR U DANKIE DAT U ONS DEUR NAWEEK EN NAG GELEI HET VADER DAT U ONS BEHOED EN BEWAAR HET VADER EK IN HIERDIE OGGEND UUR BRING EK MY SALARIS NA U TOE WAT VRYDAG INBETAAL WORD EK VRA DAT U DIT SAL KOM SEEN EN SELF MET DIT SAL WERK VADER NIE NET MYNE NIE MAAR OOK ANDERE SN VADER KOM MAAK KALM EN HULLE WAT STRES WAT NIE WEET WATTER KANT TOE NIE MAAK U OOK VIR HULLE KALM VADER KOM U VIR MY VANDAG OP N WONDERBAARLIKE WYSE DEUR EN KOM VOORSIEN U MY VIR KRAG GELD VANDAG ASB MY HEER EN MEESTER LAAT U WIL GESKIED VADER EK LOOF DANK PRYS EN EER U ALREEDS ALLES KOM VRA EK IN JESUS NAAM AMEN AMEN.
JEANNE
VAN SCHALKWYK

Deel dit

VANOGGEND WIL WK NET MY GOD KOM LOOF DANK PRYS EN EER VIR ALLES WAT MY GOD VIR MY GEDOEN EN NOG GAAN DOEN DANKIE OOK VIR SEENINGE VADER WAT U SO MILDELIK OP MY NEERSTORT DANKIE VADER DRA ONS DEUR DIE NAWEEK LAAT U WIL GESKIED IN JESUS NAAM AMEN
JEANNE
VAN SCHALKWYK

Deel dit

EK VRA ASB DAT GOD VIR MY OP N WONDERBAARLIKE WYSE VIR MY SAL DEURKOM IN MY FINANSIES MY LEWE EN VIR KEREL WAT SO BAIE DRINK SO OOK VIR MY KIND DAT SY DIE DAGGA SAL LOS SY IS MAAR NOU EERS 14 DAT GOD IN AL MY BEHOEFTES SAL VOORSIEN SO OOK IN ANDERE SN DAAROM DANK PRYS LOOF EN EER EK MY GOD VIR N WONDEBAARLIKE DEURBRAAK LAAT U WIL GESKIED IN JESUS NAAM AMEN.
JEANNE
VAN SCHALKWYK

Deel dit

Dat die here my moet help
Johandre
Joseph

Deel dit

Gee haar die versekering dat sy die korrekte besluit neem ivm haar operasie of sy dit moet dodn of nie.
Gerhard
Du Raan

Deel dit

My man het n drank probleem en vloek vreeslik.Bud asb dat hy die drank kan los en die Here in sy lewe aanneem
Elsa
Lawerlot

Deel dit

Dat God my altyd krag sal gee, my hart sterk maak vir die dinge waardeur ek gaan. My nooit ophou laat gee aswat ek ontvang nie. My gesin te beskerm in Jesus naam amen. Vir n beter omstandighede en my geldsake te vebeter.
Rojeanne
Marais

Deel dit

Gods genade op ons pad van Diabetes Tipe 1 met ons kleindogter. Sy doen onder omstandighede ,met God se genade, baie goed.
Charles
Hendricks

Deel dit

Here, Ek is moeg, en kort uitkoms. Ek wil U met my hele wese dien, maar kan dit nie doen as ek self kan oorleef nie... Ek wil die verlede agterlaat, maar ek kan nie as ander mense kettings om my bind nie. My siel kan nie nog teleurstelling verdra of hoor ek is nie wit genoeg, swart genoeg, jonk genoeg, oud genoeg, vrou genoeg, manlik genoeg, oud genoeg, ryk genoeg nie... Ek wil net asb. n uitkoms hê wat nie die dood is nie. Hoor U my nog, Here?
Ano
Niem

Deel dit

Here, spaar vir Sol nog ‘n rukkie vir sy geliefdes. Maar hoe dit ookal moet uitwerk, gee hom asb rustigheid en vertroue daar in die hospitaal tussen al die masjiene en pype. Amen.
Deona
Aucamp

Deel dit

Liewe Heer Ons bid U seën en beskerming oor hulle. Amen
Aletta

Deel dit

Dear God, please lay Your healing hands on my sister. Bring her comfort, restore her strength, and fill her heart with peace. May Your love surround her always. Amen.
Chris
Ledwaba

Deel dit

Christo
J
Burger

Deel dit

Liewe Here, dankie vir U almag, U liede en genade. Help my om van my eie wil te laat vaar en U wil in alles te soek. As dit U wil is, openbaar asseblief vir my U plan vir my toekoms. Laat my U doel met my vervul. In Jesus on groot en almagtige verlosser se naam aleen bid ek dit. Amen.
Marius
Kotze

Deel dit

Ek bid dat God my pad vorentoe gelyk Sal maak en dat hy m hart en gedagtes Sal vul met wysheid om regte keuses te maak,en ook vir my werksgeleentheid beskikbaar sal maak.Ek bid ook vir voorspoed vir my eggenoot en dat die Here vir hom werk Sal uitstuur.
Priscilla
Appies

Deel dit

Liewe Here, ek dra vandag al die skoolkinders in Suid-Afrika aan U op. Help hulle asseblief om met wysheid, moed en vreugde te leef. Gee vir hulle rus as hulle moeg is en help hulle om altyd hulle bes te doen. Seën ook al die onderwysers en lei hulle gedagtes en harte. Amen.
Hilette

Deel dit

Here, ek kan nie eet nie. My hart is te seer. Iemand na aan my het my so diep seergemaak. Ek is so kwaad, maar ek hoor by U ek moet vergewe. Ek weet nie hoe nie. Help my. Neem oor. Dankie dat U my hoor en my vashou. Dankie dat U verstaan en omgee - vir my en die ander. Dankie vir U genade en U Gees wat namens my praat omdat ek nie die regte woorde het nie.
Anoniem

Deel dit

Here, vandag wil ek net stil raak en vir U sê… dankie. Dankie vir U liefde wat my elke dag dra, selfs wanneer ek moeg is, of onseker voel. Dankie dat U weet wat ek nodig het, selfs voordat ek vra. Dankie vir die mense wat U in my lewe gesit het – die wat my liefhet, wat my dra, wat my laat lag. En dankie ook vir die moeilike tye, want dit leer my om op U te vertrou. Ek weet U los my nooit alleen nie. Amen.
ilse

Deel dit

Liewe Jesus, Dankie dat U my liefhet, dat U omgee vir my struikelblokke en elke stappie saam met my stap. U is ’n wonderlike God—my Hemelse Vader, my Anker, en U regeer oor alles. Here, U krag dra my elke dag; U teenwoordigheid genees my hart en vul my met vrede. U liefde omvou my soos ’n warm omhelsing, U troos my in pyn, en U gee my hoop wanneer die pad donker voel. Soms voel die las so swaar, Here, dat ek net een dag op ’n slag kan hanteer. Maar U bly getrou—altyd by my, altyd sterk waar ek swak is. Help my om op U te vertrou, selfs wanneer ek nie die hele pad kan sien nie. U is genoeg.
Val
Hamann

Deel dit

Vader, party dae weet ek nie regtig wie ek is nie. Ek herontwerp myself om in te pas by die konteks, eerder as om my ware self na elke situasie te bring. Ek baklei voortdurend teen ’n samelewing wat my probeer indwing in die brose vorms wat dit geskep het en wat wil bepaal wat ek moet dra, drink en doen, waar ek moet woon of werk, hoe ek moet reis, en wat ek moet sê en dink. Herinner my dat U my op my naam geken het nog voordat ek in my moeder se liggaam gevorm is. My identiteit is ’n geskenk van U, nie ’n titel wat ek moet verdien of waardeur ek myself moet bewys nie. Ek het my identiteit ontvang, nie self gevorm nie, en dit is in u liefde geanker. Help my om betekenis en selfvertroue in hierdie verstommende waarheid te vind. Ek is u geliefde kind, en dít alleen hou vir my die moontlikheid in om alles te wees en te doen waartoe U my in hierdie wêreld roep. Help my om nie op die verkeerde plekke na my identiteit te soek nie, soos in die goedkeuring of bevestiging van ander, in my loopbaan of prestasies, in my besittings of seksualiteit of in mag of status. Ek is immers wie U sê ek is en dit is vir my meer as genoeg. Laat ek vrede vind terwyl ek myself in U vind. Amen.
Hester
Steenkamp

Deel dit

Vader in die Hemel... my gebed gaan uit vir elke persoon wat in ń moeilike seisoen van hul lewe is. Vir ekeen wat gediagnoseer is met kanker. Wees ń God van baie naby en versterk hul geloof.
Jackie

Deel dit

Vader, U is só goed vir my en my gesin. Dankie vir al die seëninge wat ons elke dag uit U hand ontvang. Ek bid vir wysheid sodat ek oor die volgende paar maande die regte besluite sal maak i.t.v waar U my gesin wil hê en hoe ons U koninkryk kan bou in die nasies, of selfs hier tuis. Amen.
Robert

Deel dit

Liewe Here, Ons dink vandag aan almal wat swaarkry. Help hulle wat siek is, moedeloos is of alleen voel. Gee vir hulle krag, rus en hoop. Omvou hulle met U liefde en laat hulle weet U is naby. Wys ons hoe ons U liefde vir hulle kan wys. Gebruik ons hande en harte om 'n verskil te maak. Amen
Adele

Deel dit

Dankie, Hemelse Vader, vir die voorreg om 'n ma te wees. Dankie vir my kinders en die lewe en avonture wat ons saam kan beleef. Dankie dat ek U opnuut leerken en raaksien in en deur hulle lewe. Help my, Vader, om vir my kinders 'n goeie voorbeeld te stel van 'n lewe naby U hart. Mag hulle dan ook U hart, U genade en U guns op hulle lewenspad ervaar. Vandag, en elke dag hierna. Amen.
Maryke

Deel dit

Dankie vir koue winters-oggende, Here! Vir flou sonskyn en bome sonder blare. Vir koue wange en wasem wat uit my binneste borrel. Dis U wat vir my lewensasem gee, en daarmee wil ek U loof. Ja, die hele skepping getuig van U wonderlike skoonheid, van U kreatiewe skeppendheid. Mag ek vandag in U krag skep, en skoonheid bring waar ek kom. Amen
Francine
Prins

Deel dit

Heer, gee my geduld, met myself en ander.
Anoniem

Deel dit

Dear lord I pray to give all the glory and thanks to you for all the blessings and protection you have given me and my family. Amen.
Nkululeko
Pelem

Deel dit

Koning Jesus, ek smag na 'n verhouding met U en wil net by U voete sit. Terwyl ek my dikwels oor so baie dinge bekommer, wil ek vra dat U dit sal wegvee met U wonderlike vrede. Help my om te weet dat ek, en al my geliefdes, in U sterk hande is. Help my om U te loof in elke storm omdat ek weet dat U naby is.
Conette
le Roux

Deel dit

Dankie God dat ek u kind mag wees. Dankie vir Jesus genade, verlossing en daaglikse seeninge in my lewe. Dankie dat ek my huisgesin, finansies en al die oomblikke van my lewe in U hand kan plaas en weet dat U in beheer is van alles. Dankie dat u omsien na U kinders net soos u na die heelal kyk. Dit is 'n groot genade om U te kan en net deur u Gees kan ek dit deel met ander. Dankie dat ek elke dag die voorreg het om U grootheid te kan besing. Dankie Jesus.
Hanneke
Groenewald

Deel dit

Dankie Vader dat u lief is vir ons. Dankie dat u so mooi vir ons sorg. U het ons geseen met wonderlike reen wat ons so nodig het. Ons is lief vir u. Moet ons nooit laat gaan nie, hou ons styf vas in U hand. Amen
Elzette

Deel dit

I will give thanks to you Lord with all my heart, I will tell of all your wonderful deeds.
Viona
Ross

Deel dit

Jesus Baie dankie vir Mika Mari, seën asb haar lewe dat sy U sal ken en elke dag baie naby aan U sal leef.
Hannelie

Deel dit

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.