Boodskap vir Vandag

Search

Gebedskers
Die kers vervang nie gebed nie, dit dra jou gebed verder.
Die kers antwoord nie alle versoeke nie, maar is ’n teken van vertroue.

Here, vandag wil ek net stil raak en vir U sê… dankie. Dankie vir U liefde wat my elke dag dra, selfs wanneer ek moeg is, of onseker voel. Dankie dat U weet wat ek nodig het, selfs voordat ek vra. Dankie vir die mense wat U in my lewe gesit het – die wat my liefhet, wat my dra, wat my laat lag. En dankie ook vir die moeilike tye, want dit leer my om op U te vertrou. Ek weet U los my nooit alleen nie. Amen.
ilse

Deel dit

Deel dit
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.