Liewe Vader,
Ek dank U dat U krag gee aan dié wat moeg is,
en dat U die uitgeputte verkwik.
Help my om my innerlike battery by U te herlaai,
sodat ek weer voluit kan lewe.
Lei my om stil te word by U,
en om U goddelike krag te ervaar.
Verwyder my verdeeldheid en versterk my gees.
Mag ek met nuwe energie borrel en bruis.
Amen.
