My seun (André) is al amper 20 jaar aan ʼn ventilator gekoppel wat vir hom asemhaal. Hy het Duchenne Spierdistrofie. Hy kan homself nog besig hou op sy rekenaar deur middel van ʼn "eyegaze" wat hy gebruik.
Hy kan nie meer sy mond oopmaak om te eet of te kou nie en dit maak my so hartseer om te sien hoe sy versorgers sukkel om sy kos in sy mond te kry. Hy wil niks weet van ʼn maag voedingsbuis nie en dit breek my hart om hom so te sien. Ek is so bang die versorgers gee moed op en loop. Ek werk nog en kan nie self na hom kyk nie en elke dag verwag ek die ergste.
Sal jul asb vir my, vir hom en die versorgers bid vir krag, geduld en aanvaarding.
Baie dankie.