Boodskap vir Vandag

Search

Gebedskers
Die kers vervang nie gebed nie, dit dra jou gebed verder.
Die kers antwoord nie alle versoeke nie, maar is ’n teken van vertroue.

Dat my seun God se wil sal na streef, tans is hy in 'n verhouding met 'n meisie wat nie Jesus ken nie. Ek het hom groot gemaak in 'n huis waar ons die Here dien. Sy het hom onder haar losbandige greep en hulle bly saam. Die verwagting is groot dat hy vir hulle moet voorsien. Sy werk ook maar, sy wil he hy moet meer bied. Hy is in opleiding vir 'n meganiese tegnikus petrol en diesel. Die druk is baie van haar kant af dat hy vir hom ander werk moet soek en dat hy nie voort gaan met sy huidige studies nie. Hy mag ons ook net op haar terms sien, soms net eenkeer 'n maand. Sy het hom verander en sy oë lag nie meer soos voorheen nie.
Carine
Kruger

Deel dit

Deel dit
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.