Willie het pankreas kanker, is terminaal en verduur ongelooflik baie pyn...en daarmee saam ook sy gesin. Willie dien ook ons getroue God en hemelse Vader, en berus in Sý wil. Maar, as mens kry hy swaar. Ons ken mekaar vanaf 1969 en het saam gematrikuleer in 1980, en Willie se lag raak stil, en ondeunde oë verander in oë van pyn. Ek bid dat Vader vir Willie nie te lank sal laat ly nie en hom sal toevou in Sy verrustende vrede dat daar geen pyn by Ho. Sal wees nie.