Boodskap vir Vandag

Search

Gebedskers
Die kers vervang nie gebed nie, dit dra jou gebed verder.
Die kers antwoord nie alle versoeke nie, maar is ’n teken van vertroue.

Vader, party dae weet ek nie regtig wie ek is nie. Ek herontwerp myself om in te pas by die konteks, eerder as om my ware self na elke situasie te bring. Ek baklei voortdurend teen ’n samelewing wat my probeer indwing in die brose vorms wat dit geskep het en wat wil bepaal wat ek moet dra, drink en doen, waar ek moet woon of werk, hoe ek moet reis, en wat ek moet sê en dink. Herinner my dat U my op my naam geken het nog voordat ek in my moeder se liggaam gevorm is. My identiteit is ’n geskenk van U, nie ’n titel wat ek moet verdien of waardeur ek myself moet bewys nie. Ek het my identiteit ontvang, nie self gevorm nie, en dit is in u liefde geanker. Help my om betekenis en selfvertroue in hierdie verstommende waarheid te vind. Ek is u geliefde kind, en dít alleen hou vir my die moontlikheid in om alles te wees en te doen waartoe U my in hierdie wêreld roep. Help my om nie op die verkeerde plekke na my identiteit te soek nie, soos in die goedkeuring of bevestiging van ander, in my loopbaan of prestasies, in my besittings of seksualiteit of in mag of status. Ek is immers wie U sê ek is en dit is vir my meer as genoeg. Laat ek vrede vind terwyl ek myself in U vind. Amen.
Hester
Steenkamp

Deel dit

Deel dit
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.