Vader in die Hemel, ek vra dat U my sal verlos van alle bose geeste wat my teister elke liewe dag😢 vra dat U my sal help om ñ werk te kry en ñ finansiële deurbraak om my karretjie wat al 3 jaar stukkend is, te kan laat regmaak. Vra dat U my sal help in my geestelike, emosionele en fisiese toestand om weer gesond te wees. Beskerm asseblief my kinders elke liewe dag en hou hulle veilig in U hande🙏🏻 bid vir insig en wysheid vir my kinders. Bid dat U hulle sal help om eendag onafhanklik te kan wees, hulle is nog baie jonk en het nog soveel hulp nodig. Help my asseblief sodat ek hulle kan help....bid ook vir elke persoon in my familie en dat U elkeen sal beskerm en leiding gee🙏🏻♥️ Dankie vir alles liewe Vader, ek is baie baie lief vir U🙏🏻♥️🙏🏻