Boodskap vir Vandag

Search

Saam geniet

Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou (Sefanja 3:17).

In Sefanja 3:14-20 kry ons ʼn vreugdelied wat die einde van die swaarkry van die volk Israel vier. Ons hoor in hierdie lied onder meer dat God sy vreugde oor sy volk besing.

God is stil-tevrede oor hulle. Hy is vol vreugde oor hulle.

Vreugde is nooit net ʼn eenrigtinggevoel nie. Dit is ʼn maalkolk. Ek ervaar vreugde omdat God in my as sy skepsel vreugde vind. Daarom geniet ek die teenwoordigheid van ander mense en vind vreugde in ander mense se daar-wees.

Ek vier nie net fees oor die goeie dinge in my lewe nie, maar ook oor die goeie dinge in ander mense se lewe.

Ek ontvang guns, en ek gun ander die guns wat hulle ontvang.

Ek ontvang God in die baba Jesus, maar ek ontvang God ook saam met ander.

Dit is ʼn gedeelde geskenk vir gedeelde vreugde.

Dankie, Here my God, dat U vol vreugde oor my is en my liefhet. Ek wil u blydskap en u liefde met alle ander mense deel. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.
Jy besoek nou LiG, ons susters-publikasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse. LiG-getuig: Waar elke getuienis tel. By LiG is ons toegewyd om inspirerende stories te deel wat die hart aanraak en hoop bied. Jy besoek nou ons susters-organisasie se webtuiste, propvol inspirerende getuienisse.