Boodskap vir Vandag

Search

Saam geniet

Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou (Sefanja 3:17).

In Sefanja 3:14-20 kry ons ʼn vreugdelied wat die einde van die swaarkry van die volk Israel vier. Ons hoor in hierdie lied onder meer dat God sy vreugde oor sy volk besing.

God is stil-tevrede oor hulle. Hy is vol vreugde oor hulle.

Vreugde is nooit net ʼn eenrigtinggevoel nie. Dit is ʼn maalkolk. Ek ervaar vreugde omdat God in my as sy skepsel vreugde vind. Daarom geniet ek die teenwoordigheid van ander mense en vind vreugde in ander mense se daar-wees.

Ek vier nie net fees oor die goeie dinge in my lewe nie, maar ook oor die goeie dinge in ander mense se lewe.

Ek ontvang guns, en ek gun ander die guns wat hulle ontvang.

Ek ontvang God in die baba Jesus, maar ek ontvang God ook saam met ander.

Dit is ʼn gedeelde geskenk vir gedeelde vreugde.

Dankie, Here my God, dat U vol vreugde oor my is en my liefhet. Ek wil u blydskap en u liefde met alle ander mense deel. Amen.

Lisel Joubert

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed