Boodskap vir Vandag

Search

Geesdriftig

Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here.

– Romeine 12:11

 

Ek is ’n rukkie gelede deur ’n seisoen waar my voete begin sleep het – so ook my geloof en my geesdrif. By my huis is my energie, tyd en geld elke dag deur herstelwerk opgeslurp. Dit was soos ’n plaag. Die rimpeleffek van al die skade was oorweldigend.

 

Ek was moedeloos met diensverskaffers se brouwerk. Moedeloos met mense se mooi woorde, leë beloftes, swak karakter en uitbuitery. Ek het uitgeput geraak sonder ’n ondersteuningsgroep rondom my.

 

Ten spyte van my gevoel van uitputting het ek bly skryf en steeds ver gereis om as inspirerende spreker ander mense te probeer versterk en bemoedig. Ek onthou dat ek soms gewonder het: Wat help dit alles? Die ligte in die mense se oë is af. Hulle harte en mind sets is verhard en die grond in hulle harte dor. Ek mors my asem en energie.

 

Oral rondom my was die invloed van mense negatief weens die misdaad, korrupsie en finansiële ellende. Dit was soos ’n swaar klaaglied in my ore. My innerlike kersvlammetjie het begin verdof.

 

Ek het met die Here oor my kwynende geesdrif en geloof gaan praat. Hy het vir my gesê ek moet aan Hom bly vasklou, al is dit net met my vingerpunte. Ek moet aanhou goeddoen en glimlag – en Hom vertrou in die dor seisoen. Die jakkalse sou vlug as ek positief bly.

 

Ná ses maande het die lig uiteindelik weer deurgebreek. Die jakkalse is stert tussen die bene weg. Nuwe geesdrif en krag het deur my hart gevloei en my siel het weer begin bruis.

 

Hou aan om die Here te prys en goed te doen – ook in die tye van jakkalsplae.

 

Bruisgebed vir nuwe geesdrif: Here, ek kies bewustelik – ook in my woestynseisoene – om aan te hou om U te prys en goed te doen. Ek het geleer dat dit u Gees se werking vrystel en my geesdrif vermeerder.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed