Boodskap vir Vandag

Search

Ys

“As ek hieraan dink, bons en bewe my hart in my . . . Die storm kom uit sy blyplek. Die wind bring groot koue. Die asem van God stuur die ys. Die wye waters vries kliphard.”

– Job 37:1, 9-10

 

Waaraan laat ys jou dink? Ek dink dadelik aan al daardie lieflike koue blokkies wat ek op ’n warm somersdag in my glas koeldrank gooi. Wanneer iemand ’n brandwond opdoen, sit ons dadelik ys op om die skade te beperk. Dieselfde met ’n spierbesering. Daar is altyd

noodhulpmanne met yspakke langs enige sportveld.

 

Ys het beslis helende eienskappe.

 

Tog is dit vir ons moeilik om enige helende eienskappe te ervaar wanneer ons deur ’n ysige winterseisoen in ons lewe gaan. Ons voel uitgelewer en gestroop van enige sonstrale. Dit voel of die Here sy rug op ons gedraai het en ons straf. Asof sy hart koud en afsydig is

teenoor ons en ons situasie.

 

Soos ons land aan vreemde natuurverskynsels uitgelewer is – droogtes in die Kaap, vloede in Natal, haelstorms in Gauteng, brande en stormwinde in Knysna – ervaar die meeste van ons, net soos Job, angs en bewing wanneer sulke vreemde verskynsels ons tref. Ons harte bewe en ruk.

 

Tog is daar ook helende eienskappe wanneer die Here vreesaanjaende elemente in ons lewe toelaat. Hy louter ons wat so gemaklik en onafhanklik geraak het. Hy bring aan ons die regte perspektief: Ons is mens en Hy is die almagtige God, die Een aan die stuur van sake.

 

Laat toe dat die Here se ysige winde jou beheersentrum skoon waai. Gee alles aan Hom oor in hierdie ysige seisoen. Die asem van God wat die ys gestuur het, was uiteindelik ook helend vir Job toe hy hom aan God onderwerp het.

 

Bruisgebed vir ysige seisoene: Here, ek suffer, maar ek onderwerp my aan u wil. Ek glo u asem wat hierdie ys stuur, bevat ook eienskappe wat vir my heling sal bring.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed