Boodskap vir Vandag kry ‘n nuwe tuiste by JoynaOns skuif Boodskap vir Vandag na Joyna om jou ‘n dieper, ryker ervaring te gee. Jy hoef vir eers niks te doen nie: die skakel wat jy nou gebruik, sal steeds werk en jou reguit na die nuwe tuiste neem.
Skip to main content

Boodskap vir Vandag

Search

Wekker

“Wees dus altyd wakker en gereed, want julle ken nie die presiese datum of tyd van my koms nie.”

– Matteus 25:13

 

Frankie se halfsussie, Ena, het by my kom bly vir ’n paar dae terwyl haar pa en ma albei elders moes gaan werk. Deel van my opdragte was om haar soggens betyds gereed te hê vir haar geleentheid skool toe.

 

Die eerste aand het Ena ’n bietjie met my selfoon gespeel en die wekker vir kwart oor ses gestel. Daarna het ek dit weer gestel – onseker of die gepeuter dalk die wekker beïnvloed het.

 

Die volgende oggend het ons albei sewe-uur wakker geskrik – nie van die wekker nie, maar van die getoet buite my motorhuis. Haar geleentheid was voor my deur en ons was nie gereed nie. Ek het verleë uitgestorm in my pienk kamerjas, een pantoffel en hare wat in alle

rigtings staan.

 

“Ek het verslaap,” moes ek aan die netjies geklede ma agter die stuurwiel erken. “Ry julle maar, sodat julle nie ook laat is vir skool nie.”

 

Die gevolg was ’n Sarel van der Merwe-jaagtog skool toe met ʼn verskrikte Ena en ’n nog meer verskrikte worshond agter in my motor. Ons het dit genadiglik met ’n paar sekondes gemaak …

 

Ek sou nie graag in my kamerjas, een pantoffel en deurmekaar hare uitgevang wou word wanneer die Here die dag voor my huis toet nie.

 

Niemand weet presies wanneer om Hom te verwag nie. Niemand ken die presiese tyd of datum van sy koms nie. Ons weet ook nie hoeveel dae ons op hierdie aarde oor het nie. Daarom is dit nodig om altyd wakker en gereed te wees en jou geestelike wekker op “enige

tyd” te stel.

 

Bruisgebed vir laatslapers: Here, ek wil gereed wees vir u koms. Help my om nie te verslaap nie en om te onthou om my geestelike wekker elke dag op “enige tyd” te stel.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Kinders verstaan dikwels die ware wonder van Kersfees: Jesus se liefde. Nie alle kinders is bevoorreg genoeg om daardie gevoel te ervaar nie. Jy kan dit saam met ons verander…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

‘God het ons deur die ondenkbare gedra’ – vrou se gyselaar-nagmerrie terwyl haar seuntjie teen kanker veg
24 November 2026
‘Jou lig skyn helder, Deon’: Mense se omgee dra sanger ná ongeluk
17 November 2026
Ná haar man se dood en vier vernietigende vloede getuig boervrou: ‘God stuur engele om te help’
17 November 2026
‘Selfs ná die grootste val sal jy weer opstaan wanneer God jou oprig,’ – Verlamde oud-rugbyspeler en sy vrou getuig
16 November 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.