Boodskap vir Vandag kry ‘n nuwe tuiste by JoynaOns skuif Boodskap vir Vandag na Joyna om jou ‘n dieper, ryker ervaring te gee. Jy hoef vir eers niks te doen nie: die skakel wat jy nou gebruik, sal steeds werk en jou reguit na die nuwe tuiste neem.
Skip to main content

Boodskap vir Vandag

Search

Waarheen lei dit jou?

By U Here, skuil ek. Laat my tog nooit teleurgestel staan nie! (Psalm 31:2).

Inderdaad is dít die groot vraag waarmee Psalm 31 ons konfronteer: Wat maak ek met lyding en terugslae wanneer dit my pad kruis? Hoe reageer ek daarop?

Let wel, die vraag is nie soseer nie: Waar kom die ellende vandaan? Of: Waarom het dit mý getref? Dit is eerder: Waarheen lei dit my vandag? Kan ek miskien iets daaruit leer?

Neem lyding my dieper die donkerte in? Versterk dit my gewoonte om te kla? Laat dit my in groter sinisme verval, nog meer bitter word, ander blameer? Of open dit ʼn deur tot iets groter, iets beter, iets meer?

In die psalmdigter se geval dryf dit hom tot in God se arms. Dit laat hom weer by God gaan skuil. Dit bring hom tot nuwe oorgawe, dringender gebed, sterker vertroue. Luister net: “By U, Here, skuil ek” (v 2). “In u hande gee ek my lewe oor” (v 6). “Maar ek vertrou op U, Here” (v 15).

Wat ʼn genade as jy, te midde van jou ellende, dít kan sê. Dit óók kan begin doen.

Here, hoe maklik val ons vas in ons sorge. Hoe traag is ons om U te vertrou. Wek ons vandag opnuut op om by U te skuil. Amen.

Carel Anthonissen

No data was found

Inspirasievennoot

‘Jou lig skyn helder, Deon’: Mense se omgee dra sanger ná ongeluk
17 November 2026
Ná haar man se dood en vier vernietigende vloede getuig boervrou: ‘God stuur engele om te help’
17 November 2026
‘Selfs ná die grootste val sal jy weer opstaan wanneer God jou oprig,’ – Verlamde oud-rugbyspeler en sy vrou getuig
16 November 2026
Porterville se miracle child: ‘Vir haar is dié soort sportprestasies ’n wonderwerk’
13 November 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.