Boodskap vir Vandag

Search

Aanbouings

Dink daaraan hoe ver julle al agteruitgegaan het. Bekeer julle en doen weer wat julle in die begin gedoen het. Anders, as julle julle nie bekeer nie, kom Ek na julle toe en sal Ek julle lamp van sy plek af wegvat! – Openbaring 2:5.

Daar word vertel van ’n vissergemeenskap wat aan ’n rotsagtige kus gewoon het waar skepe dikwels teen die rotse geloop het. Nadat daar weer een nag ’n groot passasierskip gesink het, het die gemeenskap besluit om ’n klein reddingstasie teenaan die kus te bou.

Daarin het hulle reddingsbootjies, lanterns, reddingsboeie, komberse en ander noodvoorrade aangehou. Sodoende kon hulle die drenkelinge vinnig en doeltreffend help. Hulle het ’n komitee aangestel wat alles moes koördineer.

Mettertyd het die dorpsmense die klein sinkgeboutjie vergroot. Hulle het rakke ingesit, asook meubels en ’n klein ontspanningslokaal vir die vissermanne wat aan diens was. Een nag het ’n groot skip op die rotse geloop. Die mense op nagskof was besig met ’n tafeltenniswedstryd en het nie die noodfakkels gesien wat van die skip se dek afgestuur is nie. Die skip met sy passasiers het vergaan.

Die probleem met ons as Christene is dat ons ons eenvoudige roeping vergeet. Christus het ons as toesighouers en opsieners in sy gemeente geroep. Ons moet aan ons opdrag toegewy wees. Ons mag nie ons fokus verloor nie.

Ons as kerk se hooftaak is om die evangelie te verkondig. Wanneer ons tyd en aandag grootliks aan potjiekoskompetisies, fietswedrenne of fondsinsamelingsgeleenthede gewy word, moet ons ernstig vra: Is ek besig met dít waarvoor God my geroep het?

Here, help my om getrou te wees aan my ware roeping. Amen.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed