Boodskap vir Vandag

Search

Aanvaar

Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God.

– Romeine 15:7

 

Watter mense is vir jou aanvaarbaar? Wat is die maatstaf wat jy gebruik om iemand hartlik te groet, ’n geselsie aan te knoop of saam met iemand te kuier?

 

Moet hulle adres reg wees? Moet hulle bankrekening stewig wees? Moet hulle goed versorg wees? Moet hulle aantreklik, slim en suksesvol wees? Is iemand met ’n graad vir jou meer aanvaarbaar as iemand met net graad 8?

 

Hoe voel jy oor mense met ’n ander kleur, kultuur, kerk, taal, seksuele oriëntasie as jy? Is slegs jou dam se eende vir jou aanvaarbaar? Hoe tree jy as Christen op teenoor mense wat anders as jy is – dié wat volgens jou weird aantrek, dié wat buite die norm optree, dié met die neusringe en tattoos, die rokers, drinkers en geskeides? Stap jy liefs neus in die lug ’n wye draai om hierdie vreemde makoue op jou pad?

 

Wanneer ons na Jesus se voorbeeld kyk, sien ons dat baie weird mense, volgens ons maatstawwe, vir Hom aanvaarbaar was – die tollenaar, die vrou by die put, die melaatse, die outsiders. Hy het by hulle gaan staan, met hulle geselsies aangeknoop, by hulle gaan eet, saam met hulle tyd deurgebring om hulle stories te hoor. Hy het almal met dieselfde sagte menslikheid en aanvaarding benader.

 

Aanvaarding is ’n bruistablet vir die gemoed. Aanvaarding sê: Jy is goed genoeg om mee te gesels. Verwerping kneus die gees van die mens.

 

Aanvaar dan dié wat anders as jy is met groter genade, soos Jesus jou ook elke dag met jou snaakse vratjies en al aanvaar.

 

Bruisgebed vir aanvaarding: Here Jesus, leer my om, soos U, deur die oë van genade en deernis na die weirdos en buiteperde te kyk, eerder as met ’n onverbiddelike en veroordelende gesindheid.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed