Boodskap vir Vandag

Search

Alledaags?

Dié God is ons God vir altyd; Hy sal ons altyd lei (Psalm 48:5).

Die tyd ná Pinkster tot en met Advent staan in Engels as ordinary time bekend. Ons noem dit Koninkrykstyd. Ordinary time klink dalk vreemd – so na gewone of alledaagse tyd.

Wat dit eintlik beteken, is dat ons tydens die groot feesdae soos Kersfees, Lydenstyd, Paastyd en Pinkster stilgestaan het by hoe God Drie-enig Hom in Jesus aan ons openbaar. Dit is die groot oomblikke in die Christus-verhaal. In hierdie gewone tyd, oftewel Koninkrykstyd, bedink ons die implikasies van die groot verhaal vir ons kerkwees, menswees, gemeenskappe en individue. Die implikasies vir elke dag se klein verhale.

Iemand het tereg opgemerk dat die meeste van ons dae in elk geval alledaags is. Nie vol krisisse of tragedies of groot gebeure nie, maar die lewe, dag vir dag. Dit is juis in die alledaagse lewe dat Jesus se verhaal en ons verhaal integreer, waar die groot storie die klein storie in kerkwees, vriendskappe, diens en roeping raak.

Alledaags is tog altyd heilig, want God se verhaal het op aarde tussen ons afgespeel.

Here, dankie dat U my God is, in ordinary time én in extraordinary time. Amen.

Lisel Joubert

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed