Boodskap vir Vandag

Search

Allergeliefde

Jesus antwoord hom: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel’ en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod” – Matteus 22:37-38.

“Alles wat God doen, word deur sy liefde bepaal. Dis wie jy eintlik is: die beminde van die Here,” skryf Willem Nicol in sy boek Gebed van die hart.

Harvey Egan, emeritus-professor in mistieke teologie, sê wanneer ons vir God se liefde ontwaak, word ons geestelike oë verlig. Ons “raak verlief op God” – soms in ’n oogwink, soms geleidelik. Hoe meer tyd ons met ’n geliefde deurbring en onsself vir die persoon se liefde oopstel, hoe meer word ons daarmee gevul. Dit gee suurstof vir die liefdesvlam om ál sterker te brand.

Jan van Ruusbroec, ’n bekende Vlaamse geestelike uit die 1300’s, het geskryf dat God se liefde ons aan die brand moet steek totdat ons self liefde word. My bewussyn, gedagtes, gevoelens en die res van my bestaan begin ál meer rondom Hom draai. Die sentrum is die liefde wat ek van Hom ontvang het.

Willem Nicol skryf: “God werk vir Homself die pad oop na die mees geheime binnekamers van my hart. Hy open my bewussyn na Hom toe sodat ek deur die loop van gewone, besige dae ál meer saam met Hom lewe.”

Hoe beter ek verstaan dat God vír my is – meer as wat ek vir myself is – hoe meer besef ek dat ek vir Hom opsy moet staan. Ek begin Hom toelaat om beheer oor te neem. Ek begin volkome op Hom vertrou.

Hy is my Allergeliefde.

Dankie, Here, dat U my bemin. Amen.

No data was found

Inspirasievennoot

Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 Oktober 2026
Twee seuns met die gevreesde ALD-siekte: ‘Dit wat hul moes deurmaak, is wreed – maar God sal my verder dra’
20 Oktober 2026
‘Sy berou moes dade word’ – vrou kies die moeilike pad van vergifnis ná haar man se ontrouheid
19 Oktober 2026
‘Ek is jammer ek het U afgeskeep’ – sportwetenskaplike oor ’n bergongeluk wat haar lewe verander het
14 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed