Boodskap vir Vandag

Search

As die leegheid toeslaan

As ek wakker word, voel ek soos ‘n eensame voël op ‘n huis se dak (Psalm 102:8).

Onlangs by ‘n stildag – maandeliks gereël deur die Sentrum vir Christelike Spiritualiteit – praat die deelnemers oor die tema: “As die leegheid toeslaan”.

Hoe goed ken ons nie dié gevoel nie, wanneer alles op ‘n dag skielik hulle sin en betekenis verloor. En jou lus vir alles eenvoudig opdroog. Sodat selfs dié dinge wat jou lewe gewoonlik opvrolik, onverwags vaal en onaptytlik voorkom – soos ‘n grys winter wat jou oorval het.

Daar is báie dinge wat ons só kan beroof van ons lewenslus en -vreugde: die trauma van werkloosheid, die gewig van skuld en finansiële bekommernisse, die verlammende effekte van depressie, die onuitstaanbare pyn van verlies, die smart van dood of afskeid. En moenie dit onderskat nie – daar is ook die broosheid van die ouderdom, die koms van die sogenaamde “swaar dae” (Prediker 12:1) wanneer jy al meer soos ‘n eensame voël op ‘n verlate huis se dak begin voel (Ps 102:8).

Dit is goed om wanneer hulle kom, hierdie leegtes in ons lewe te herken – ook na te dink oor die redes daarvoor. En om dan met die geloof dat dit tog kán verander, nuwe weë, strategieë en selfs rituele of dissiplines te bedink hoe om daaraan te ontsnap.

Daarna wil ons in die volgende paar dae kyk.

Here, vandag haal die leegtes my in. Vergeet my tog nie in dié moeilike tyd nie. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed