Boodskap vir Vandag

Search

Baas van my tyd?

Here, U was vir ons ’n toevlug van geslag tot geslag. Voordat die berge gebore is, voordat U die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God! U laat die mens sterwe: U sê net: “Word weer stof!” Duisend jaar is vir U soos gister as dit verby is, soos een enkele wagbeurt in die nag – Psalm 90:1-4.

Psalm 90 se opskrif lui: “Van ewigheid tot ewigheid is U God.” In hierdie psalm stel Moses in sy gebed die mens se kortstondigheid teenoor God se ewigheid. Inderdaad, ons lewe is gou verby, ons vlieg na ons einde toe.

Die Predikerdigter worstel met vrae oor tyd en die sin van die lewe, die noodlot, wie ons lewe beheer en waarheen alles lei. Soos Moses, ervaar hy dat ons lewe vol swaarkry is en vinnig verbyvlieg. Sy groot vraag is: Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei?

Ons wil saam met hom uitroep: Is my tyd en geswoeg op aarde dan nie tevergeefs nie?

Onlangs lees ek: “Ons kan nie aan tyd sin gee sonder om met God, wat bo tyd verhewe is, rekening te hou nie. Hy het tyd geskep, maar is nie daaraan onderwerp nie. God maak die sin van tyd en ewigheid aan ons bekend deur sy Seun, Jesus Christus, wat mens word.”

Jesus het doelbewus sy vasgestelde aardse tyd gebruik vir dít waarvoor Hy mens geword het. Daarom kan ons wat in Hom glo, wéét dat noodlot nie ons tye bepaal nie, maar wel God. In Jesus Christus word ons deel van God se tyd.

Here Jesus, dankie dat U in beheer van my tyd is. Amen.

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed