Boodskap vir Vandag

Search

Balans

“Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”

– Lukas 10:41-42

 

Is jy ’n flukse werkseseltjie? Iemand wie se hande vir niks verkeerd staan nie? Is jy een van daardie goeie en dienende vroue wat dadelik jou hand opsteek wanneer daar hulp nodig is by die basaar of ’n ander funksie? Rol jy maklik jou moue op en was daai berg skottelgoed

vrou-alleen of kook jy laataand sop vir die hele gemeente?

 

Die wêreld het groot waardering vir die Martas van die lewe – dié vroue wat selfloos agter die skerms werk om ’n verskil te maak. Hulle vat dinge vas, organiseer en trek die kalf uit die put om dit vir ander geriefliker te maak. Dit is alles goed en wel – as daar balans is. Hardwerkende Martas kan maklik in ’n strik trap en so besig wees om ander te help dat hulle die hoofmaaltyd misloop – om by Jesus se voete stil te raak.

 

Is jy dalk ’n té besige bytjie? Belê jy die meeste van jou tyd en energie in werk vir die kerk, die skool, jou gesin, net om saans doodmoeg neer te slaan? Is jy dan selfs te moeg om stiltetyd by Hom te hou?

 

Leer balans by Maria. Sit daardie skinkbord neer en trek, soos Maria, gereeld die deur agter jou toe en gaan sit net by die Meester se voete. Want wat help dit jy voed duisende hongeres, maar jou eie siel ly honger? Wat help dit jy gee vir ander sop om te eet, maar jy het nie tyd om die Here se sopkombuis te besoek nie?

 

Bruisgebed vir balans: Here Jesus, lei my om gereeld my oorlaaide skinkbord neer te sit en net aan u voete stil te raak.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed