Boodskap vir Vandag

Search

Battery

Hy gee krag aan dié wat moeg is. Hy maak die kragteloses sterk. Selfs jongmense raak uitgeput en afgemat. Baie jongmense struikel en val.

– Jesaja 40:29-30

 

Tydens ’n naweekbesoek aan my huis op die rivieroewer, ontdek ek my selfoon se battery is pap en my laaier het in die stad agtergebly. Ek besluit toe om my foon ’n paar uur in my motor te laat laai, maar ontdek later dat my motor se battery nou óók pap was.

 

Die volgende stap was om die noodgereedskap te gaan kry wat my motor kan jump start en dit vir die eerste keer op die proef te stel. Hoe moeilik kan dit nou wees? Maar dis toe net daar dat ek die rooi en die swart kabel verkeerdom aan die battery koppel … en gróót skade

aan my motor aanrig.

 

Dit het my onmiddellik aan my menslike battery laat dink. Ons almal raak uitgeput van die gejaagde lewe met al sy druk. Selfs my jong seun en skoondogter is gereeld doodmoeg omdat hulle die kers aan albei kante brand.

 

Om nuwe energie te kry om optimaal te kan funksioneer, is dit noodsaaklik om jou innerlike battery te herlaai. Soms is ons egter onkundig oor hoe om dit te doen. Ons probeer onsself jump start en druk die een kabel by ’n lawaaierige partytjie in en die ander by ’n oormaat kos, drank en TV-programme. Die gevolg is dat ons nie verkwik raak nie, maar eerder nog meer afgerem word.

 

Neem jou moeë innerlike mens eerder gereeld na die Here. Sonder jou af in stilte by Hom. Koppel jou kabels aan sy goddelike kragpunte en voel hoe Hy jou verkwik met nuwe energie.

 

Bruisgebed vir oorwerktes: Dankie, Vader, dat ek my pap battery by U in stilte kan kom herlaai sodat ek weer kan borrel en bruis deur die lewe.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

76-jarige se reis na vergifnis: ‘My ma het my as 13-jarige by vriende afgelaai, en my nooit weer kom haal nie’
28 Oktober 2026
‘Dit voel asof Jesus sy hand op my skouer sit’ – 13-jarige oor almal se gebede in sy stryd teen breinkanker
27 Oktober 2026
Van gebroke ontkleedanseres tot geregistreerde berader: ‘God se genade is groter as jou verlede’
22 Oktober 2026
Twee seuns met die gevreesde ALD-siekte: ‘Dit wat hul moes deurmaak, is wreed – maar God sal my verder dra’
20 Oktober 2026
Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed

Daaglikse Inspirasie

Die Boodskap vir Vandag-app is nou beskikbaar vir jou selfoon.
Installeer dit vandag nog.