Boodskap vir Vandag

Search

Bedaar en erken

Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. Die Here, die Almagtige, is by ons, die God van Jakob is vir ons ‘n beskutting (Psalm 46:11-12).

In hierdie tyd van politieke en sosiale onrus en onsekerheid, het ‘n preek van my oud-leermeester, professor Willie Jonker, skielik by my opgekom.

Terwyl ons eie land destyds gebrand het, het hy ons een oggend in die erediens aan die boodskap van Psalm 46 herinner.

Daar hoor ons hoe, te midde van aardskuddende en ontstellende veranderings – aangrypend uitgedruk in beelde van die aarde wat padgee, golwe wat druis, berge wat skuif en stede wat wankel, terwyl nasies raas (vs 3-7) – God groot en onaantasbaar bo alles staan.

Dat God boonop vir ons wat bang en onseker is, ‘n vaste toevlug en ‘n beskerming is – ‘n beskutting in tye van nood (verse 2,12).

Dít, so hoor ons aan die einde van die Psalm, sal ons egter eers ontdek en wéét as ons innerlik en uiterlik tot bedaring gekom het, ja, stil word en weet dat die Here, God is – hoog bo die nasies, hoog bo die aarde.

Mooi en troosryk vertaal Eugene Peterson hierdie uitnodiging: “Step out of the traffic! Take a long, loving look at me, your high God, above politics, above everything.”

Waarom nie nou, net daar waar jy is, stil word en dít opnuut oordink nie?

O Here, dat U bo alles staan, ook alles in u hande hou, bly ons troos en blydskap in hierdie tyd van woelinge en onrus. Amen

Carel Anthonissen

Koop ’n Koffie

Ondersteun Christelike inisiatiewe met enige grootte donasie – selfs teen die prys van ’n koppie koffie…

Vertel my meer

Skenk op klein maniere

Maak ’n Dankoffer

Wanneer jy God se liefde in oorvloed ervaar, het jy die kans om dit met ander om jou te deel…

Vertel my meer

Skenk uit dankbaarheid

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Versprei God se Woord

BybelBouBlokke

Versterk die geloof van kinders, gesinne, en lidmate saam met ons…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed