Boodskap vir Vandag

Search

Blou

Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.

– Romeine 8:18

 

Blou herinner my aan die lieflike kleur van lupinevelde, koringblomme, die Kaapse berge, die hemel bokant ons en die uitgestrekte oseaan. Ander kere, soos wanneer ek mense raakloop wat diep bedroef is, laat blou my dink aan ’n see vol trane, pyn en lyding.

 

Hoe lyk die blou kleur van jou hart waarmee jy elke dag rondloop? Leef jy in die ligblou van die hemelkant van jou hart – of het ’n see van trane die oorhand oor jou hart gekry en is jou lewe vertroebel deur smart?

 

Op my reis deur die lewe is ek self deur ’n donkerblou en pynlike seisoen. Dit het gevoel of my trane te veel is om te huil, en ek het verkies om my emosionele skok en trauma te onderdruk. Om weer ’n gesonde hart te kon kry, was nie maklik nie. Ek moes baie tyd in

stilte en alleen deurbring en uiteindelik al die baie trane voor die Here uitstort.

 

Jou see van trane is jou pad na genesing. Moenie jou trane onderdruk nie – vat sommer ’n huilvakansie. Maak die blou skadukant van jou hart voor Hom oop en huil jou hart uit. As jy jou trane te lank laat vries, bou dit ’n ysige blou skeidsmuur rondom jou wat die Here en ander mense buite hou.

 

Ons weet nie altyd hoekom pyn en lyding oor ons pad kom nie. Soms word ons harte gebreek sodat ons met meer deernis en medelye kan uitreik na ander mense wat ook getraumatiseer is en hulle trane kan afdroog, soos die Here ons trane afgedroog het.

 

Bruisgebed vir genesing: Vader, ek huil my somber blou hart vandag by U uit. Dankie dat U sagte blou lig soos ’n nuwe dag sal deurbreek deur die pyn en genesing sal bring.

 

Susan Coetzer, Bruistablette vir die lewe, 2018. Gereproduseer met toestemming van Lux Verbi, ’n druknaam van NB-Uitgewers.

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed