Boodskap vir Vandag

Search

Bly in My

“Julle moet in My bly en Ek in julle” (Johannes 15:3).

Iewers in sy vele geskrifte sê Karl Barth, die bekende Switserse teoloog, dat Jesus uiteindelik net een ding van sy kinders vra.

Dit is: Bly in My!

Maar wat presies beteken dit om te bly in Jesus, ʼn man wat 2 000 jaar gelede geleef het?

In Johannes 15, waar Jesus hierdie opdrag gee, word dit duidelik dat om in Hom te bly allereers beteken dat sy woorde in ons sal bly (15:7). Soos iemand wat op die een of ander wysie vasgehaak het en dit nie uit sy of haar kop kan kry nie, só moet Jesus se woorde in ons bly vassteek, ja, in ons gedagtes bly maal sodat ons denke en alles wat daaruit voortvloei – ons gedagtes, gemoedstemming en gedrag – gedurig daarin gedrenk en daardeur bepaal sal word.

Wat verder beteken dat ons sal toesien dat dit waaraan Jesus ons deur sy woorde wil herinner en waartoe Hy ons vandag oproep, daadwerklik in ons lewe gestalte sal kry. Wat weer beteken dat ons ons naaste sonder voorwaardes of vereistes sal begin liefkry. Só word ons lewe algaande in Christus se liefde ingebed en word ons een met Hom. Duidelik sê Jesus dit hier: “As julle my opdragte uitvoer, sal julle in my liefde bly … Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet” (15:10, 12).

Uiteindelik is dit waarop hierdie hoofstuk neerkom, ʼn hoofstuk waarin Jesus ons uitnooi om in Hom te bly: dat ons sal leer om mekaar lief te hê (15:17).

Waarskynlik het jy dit reeds aangevoel, maar om hierdie gebod van liefde uit te leef en só ʼn vrugbare lewe in Christus te geniet, vind nie oornag plaas nie. Nog minder is dit iets wat ons self kan doen. Nee, om in Christus te bly, om hierdie mistieke gemeenskap of eenheid met Hom te beleef en te onderhou, is uiteindelik die werk van die Heilige Gees – die Gees wat ons help om Jesus as Heer te erken (1 Korintiërs 12:3), die Gees wat ons herinner aan Jesus se woorde (Johannes 14:26) en ons uiteindelik in die waarheid en krag van sy liefde lei (16:13-15).

Tot hierdie Gees moet ons vandag weer bid: “Kom, Skepper-Gees, maak ons een met Christus! Laat ons in Hom bly.”

Kom, Skepper-Gees, leer ons van die liefde en help ons om só in Christus te bly. Amen.

Carel Anthonissen

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Vertel my meer

Deel die goeie nuus van Jesus

BybelBouBlokke

Bybelstories in ’n kind se hand is die begin van ’n leeftyd saam met Jesus…

Vertel my meer

Ondersteun geloofsgroei

Bybels vir Almal

Help om te verseker dat daar ’n Bybel in elke huis is sodat meer mense toegang het tot die transformerende krag van God se Woord…

Vertel my meer

Gee aan elkeen ’n Bybel

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Vertel my meer

Gee Bybels aan kinders

Inspirasievennoot

Boodskap vir Vandag is ’n reeks inspirerende elektroniese dagstukkies wat daagliks duisende lesers bereik. Ons doel is om Christene te bemoedig, uit te daag, te ondersteun en te inspireer.

Indien jy nie die daaglikse e-pos ontvang nie, maak asseblief seker dat jou SPAM-filters dit nie verwyder nie.

Steek ’n kers aan

Laat jou gebed ’n liggie wees in die donker
Jou Naam *
Vir wie is hierdie kers *
Wat is jou gebedsversoek? *
Mag ander saam met jou bid? *
Laat weet ons of jy dit wil deel sodat ander saam kan bid.
Kies 'n gebed